Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hartklop
hartklop [boodskap #131348] Do., 21 Mei 2020 15:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24192
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hartklop
Afbreking: hart•klop
Samestelling: hart + klop


Selfstandige naamwoord: hartklop
Meervoud: hartkloppe
Verkleinwoord: hartkloppie
Meervoud van verkleining: hartkloppies

Betekenis:
• Die ritmiese klop van die hart.
• 'n Enkele klop/pomp van die hart.
• (figuurlik) Iets wat lewe of ritme bring, of 'n verbinding bevestig.

Gebruik:
• Te veel koffie, stres en sommige medikasie kan 'n ongereelde hartklop veroorsaak.
• Die gemiddelde hartklop van 'n gesonde volwasse is 72 slae per minuut en wissel van 60 tot 100 kloppe per minuut.
• Die etenstafel is die hartklop van 'n huis.

Sinoniem:
• aarslag
• hartfrekwensie
• hartslag
• polsslag

Afgelei
• hartkloppens
• hartkloppings

Vertaling:
Engels: heartbeat
Nederlands: hartslag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beswaard
Volgende onderwerp: dwergagtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 25 21:11:19 UTC 2025