Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meerkat
meerkat [boodskap #131262] Di., 12 Mei 2020 20:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24192
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Meerkat.
'n Meerkat.
meerkat
Afbreking: meer•kat
Samestelling: meer (mier) + kat


Selfstandige naamwoord: meerkat
Meervoud: meerkatte, meerkaaie
Verkleinwoord: meerkatjie
Meervoud van verkleining: meerkatjies

Betekenis:
• Klein roofdier met lang stert wat in gate woon en met 'n regop houding waghou.

Gebruik:
• Die meerkat vreet insekte, knaagdiere, geitjies en slange wat hy met 'n verbysterende spoed vang.

Sinoniem:
• erdmannetjie (streektaal)
• mierkat (verouderd)

Afgelei:
• meerkatgat

Vertaling:
Engels: meerkat
Nederlands: stokstaartje

Nota:
• Afgelei van die Nederlandse term "meer", wat op 'n dieet van miere dui.
• Skertsend, "want dis meer kat as hond".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hefboom
Volgende onderwerp: inmekaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 26 08:25:22 UTC 2025