Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » olyf
olyf [boodskap #131245] So., 10 Mei 2020 15:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24182
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Olywe.
Olywe.
olyf
Afbreking: o•lyf


Selfstandige naamwoord: olyf
Meervoud: olywe
Verkleinwoord: olyfie
Meervoud van verkleining: olyfies

Betekenis:
• Die olyfboom, Olea europaea.
• Die eetbare vrugte van die olyfboom.

Gebruik:
• Die olyf is 'n kleinerige boom wat veral rondom die Middellandse See vir sy vrugte verbou word.
• Die olyf self word geëet, uit die pit en die vrugvleis word olyfolie gepers.

Afgelei:
• olyfagtig
• olyfbedryf
• olyfblaar
• olyfboom
• olyfboord
• olyfgroen
• olyfhout
• olyfkleur
• olyfoes
• olyfolie
• olyfpers
• olyfprodukte
• olyftak
• olyfvormig

Vertaling:
Engels: olive
Nederlands: olijf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skerm
Volgende onderwerp: outotipie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 24 21:32:44 UTC 2025