| burg [boodskap #131222] |
Sa., 09 Mei 2020 07:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26903 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
Burg Els, 'n kasteel in Duitsland.
burg
Afbreking: burg
Uitspraak: /bœrχ/
Selfstandige naamwoord: burg
Meervoud: burge, burgte
Betekenis:
• 'n Versterkte kasteel; plek met 'n grag, hoë walle of swaar mure.
Gebruik:
• Die terme kasteel en burg verwys na die adellike vestings wat in die Middeleeue vir politieke, strategiese en militêre redes opgerig is.
Vertaling:
Engels: castle, stronghold
Nederlands: burcht
Selfstandige naamwoord: burg
Meervoud: burge
Betekenis:
• 'n Gekastreerde manlike vark.
Gebruik:
• 'n Manlike vark is 'n beer, die gekastreerde vark 'n burg, die vroulike vark 'n sog en die jong vark 'n varkie.
Vertaling:
Engels: ostracised pig, hog, barrow
Nederlands: barg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|