| beenholte [boodskap #130976] |
Ma., 20 April 2020 18:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beenholte
Afbreking: been•holte
Samestelling: been + holte
Selfstandige naamwoord: beenholte
Meervoud: beenholtes
Verkleinwoord: beenholtetjie
Meervoud van verkleining: beenholtetjies
Betekenis:
• Uitholling in 'n been.
• Afgeslote ruimte in 'n been.
Gebruik:
• Die oogkas is 'n beenholte.
• Beenmurg is 'n jellierige stof binne jou beenholtes.
Vertaling:
Engels: bone cavity
Latyn: antrum
Nederlands: beenholte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|