| kuil [boodskap #130973] |
Ma., 20 April 2020 14:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Skets van 'n wolfskuil.
kuil
Afbreking: kuil
Selfstandige naamwoord: kuil
Meervoud: kuile
Verkleinwoord: kuiltjie
Meervoud van verkleining: kuiltjies
Betekenis:
• 'n Uitholling in die grond, soos 'n watergat, gat vir veevoer of gevaarlike diere, sandgat op 'n gholfbaan, ens.
Gebruik:
• Daniël is in 'n kuil vol gevaarlike leeus gegooi.
Spreekwoord:
• Wie 'n kuil vir ander grawe, val self daarin. [Mense wat 'n lokval vir anders stel, val soms self daarin.]
Hiponiem:
• grafkuil
• leeukuil
• moordkuil
• sandkuil
• waterkuil
• wolfskuil
Afgelei:
• kuilgat
• kuilvoer
• kuilvuur
• kuilwater
Vertaling:
Engels: pit, hole, cave
Nederlands: kuil
Nota:
• Moenie "kuil" met "keil" (hoed of wig) verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|