| lewensles [boodskap #130971] |
Ma., 20 April 2020 11:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24240 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lewensles
Afbreking: le•wens•les
Samestelling: lewens + les
Selfstandige naamwoord: lewensles
Meervoud: lewenslesse
Verkleinwoord: lewenslessie
Meervoud van verkleining: lewenslessies
Betekenis:
• 'n Belangrike les wat 'n mens uit persoonlike ervaring leer (en nie uit boeke of op skool nie).
Gebruik:
• 'n Belangrike lewensles is om nooit moed op te gee nie, maar om altyd op te staan en weer te probeer.
• Die grootste lewenslesse leer 'n mens van jou mislukkings, nie van jou suksesse nie.
Vertaling:
Engels: life lesson
Nederlands: levensles
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|