| naelmaantjie [boodskap #130897] |
Do., 16 April 2020 19:02 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24211 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Duimnael met die naelmaantjie sigbaar.
naelmaantjie
Afbreking: nael•maan•tjie
Samestelling: nael + maan + -tjie
Selfstandige naamwoord: naelmaantjie
Meervoud: naelmaantjies
Betekenis:
• 'n Halfmaanvormige vlek onder die wortel van die nael.
Gebruik:
• Die naelmaantjie vertoon wit omdat dit uit nuwe selle bestaan wat na buite skuif en nog nie deursigtig geword het nie.
Sinoniem:
• lunula
• naelvlek
Vertaling:
Engels: lunula
Nederlands: lunula
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|