Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spoorweg
spoorweg [boodskap #130878] Di, 14 April 2020 20:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Spoorweg.
'n Spoorweg.
spoorweg
Afbreking: spoor•weg
Samestelling: spoor + weg
Uitspraak: /ˈspoːrwɛχ/


Selfstandige naamwoord: spoorweg
Meervoud: spoorweë
Verkleinwoord: spoorweggie
Meervoud van verkleining: spoorweggies

Betekenis:
• Verkeersweg vir treine; ewewydige metaalspore waarop 'n trein ry; treinspoor; spoorlyn.
• Vervoerstelsel wat passasiers en goedere te spoor vervoer; treindienste.

Gebruik:
• 'n Spoorweg is 'n spesiale tipe pad vir treine.
• Die Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy in 1887 gestig en het 'n lisensie gekry om die spoorweë van die Zuid-Afrikaansche Republiek te bou en te bedryf.

Afgelei:
• spoorwegdiens
• spoorweghalte
• spoorweghoof
• spoorwegman
• spoorwegongeluk
• spoorwegramp
• spoorwegstasie

Vertaling:
Engels: railway, railroad
Nederlands: spoorweg. spoorbaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spoedbult
Volgende onderwerp: staafkode
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 03:47:17 MGT 2024