| speelgrond [boodskap #130876] |
Di., 14 April 2020 19:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Speelgrond met klim- en klouterapparate.
speelgrond
Afbreking: speel•grond
Samestelling: speel + grond
Uitspraak: /ˈspɪəl.χrɔnt/
Selfstandige naamwoord: speelgrond
Meervoud: speelgronde
Verkleinwoord: speelgrondjie
Meervoud van verkleining: speelgrondjies
Betekenis:
• Terrein waar kinders kan speel en baljaar.
Gebruik:
• Die kleuterskool beskik oor 'n groot speelgrond met 'n wye verskeidenheid speelgoed.
Vertaling:
Engels: playground
Nederlands: speelplein
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|