Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slaaf
slaaf [boodskap #130862] Ma, 13 April 2020 19:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
slaaf
Afbreking: slaaf
Uitspraak: /slɑːf/


Selfstandige naamwoord: slaaf
Meervoud: slawe
Verkleinwoord: slafie
Meervoud van verkleining: slafies

Betekenis:
• Persoon wat gedwonge en sonder vergoeding onder die beheer van 'n ander persoon werk.
• Iemand wat totaal en al afhanklik van iets of iemand anders is.

Gebruik:
• Die eerste slaaf wat aan die Kaap aangekom het, was Abraham van Batavia.
• Ons is almal slawe van ons omstandighede.

Sinoniem:
• dienskneg
• kneg
• onderworpene
• onderworpeling

Antoniem:
• vryman
• slavin (vroulik)

Afgelei:
• dwelmslaaf
• slawehandel
• slawelewe

Vertaling:
Engels: slave
Nederlands: slaaf


Werkwoord: slaaf
Verlede tyd: het geslaaf

Betekenis:
• Om hard te werk.

Gebruik:
• Ek slaaf elke dag om liggaam en siel bymekaar te hou.

Wisselvorm:
• slawe

Vertaling:
Engels: to slave
Nederlands: zwoegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skurf
Volgende onderwerp: slak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 17:47:36 MGT 2024