Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » papie
papie [boodskap #130817] So., 12 April 2020 10:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26404
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Papie.
'n Papie.
papie
Afbreking: pa•pie
Uitspraak: /pɑːpi/


Selfstandige naamwoord: papie
Meervoud: papies
Verkleinwoord: papietjie
Meervoud van verkleining: papietjies

Betekenis:
• 'n Stadium in die gedaantewisseling van sommige insekte tussen die larwestadium en die volwasse, gevleuelde vorm van die insek.

Gebruik:
• Uiteindelik bars die papie se dop oop en kom die vlinder te voorskyn.

Spreekwoord:
• Hy lag hom 'n papie. [Baie lekker lag.]

Afgelei:
• papiehuisie

Verwant:
• kokon

Vertaling:
Engels: pupa, chrysalis
Nederlands: pop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paddavoet
Volgende onderwerp: pappie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Sep. 08 22:52:14 UTC 2026