Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oes
oes [boodskap #130799] Sa., 11 April 2020 16:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26281
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Stroper waarmee geoes word.
'n Stroper waarmee geoes word.
oes
Afbreking: oes
Uitspraak: /us/


Selfstandige naamwoord: oes
Meervoud: oeste
Verkleinwoord: oesie
Meervoud van verkleining: oesies

Betekenis:
• Ryp gewasse wat van die land afhaal is; die ingesamelde vrugte, gesaaides, ens.
• (figuurlik) Die wins/opbrengs van arbeid.

Gebruik:
• Die boere verwag 'n goeie oes vanjaar. Die oes is in volle swang.
• Hy pluk die oes van jare se opoffering en harde werk.

Hiponiem:
• koringoes
• mielieoes
• sojaoes

Afgelei:
• oesdorsmasjien
• oesfees
• oesjaar
• oesmetode
• oestery
• oestyd
• oesverwagting

Vertaling:
Engels: harvest, crop, output
Nederlands: oest


Werkwoord: oes
Verlede tyd: het geoes
Teenwoordige deelwoord: oestend, oestende
Verlede deelwoord: geoeste

Betekenis:
• Om gewasse van die land af te haal (insamel, maai, pluk, ens).
• (figuurlik) Om as beloning te kry.

Gebruik:
• Die boere is besig om die mielies te oes.
• Haar pragtige solo het 'n luide applous geoes.

Spreekwoord:
• Op iemand se stoppels oes. [Vry na 'n meisie wat deur iemand anders afgesê is.]
• Wie wind saai, sal storm oes. [Wie kwaad stig, kry dit dikwels dubbel terug. Wie oproer verwek, word die slagoffer daarvan.]

Vertaling:
Engels: to reap, gather, earn
Nederlands: oogsten


Byvoeglike naamwoord: oes
Vergrotende trap: oester
Oortreffende trap: oesste
Attributief: oes

Betekenis:
• Wat sleg lyk of voel; onaangenaam of sleg is.

Gebruik:
• Hy is 'n oes mens!

Afgelei:
• oeserig

Vertaling:
Engels: run-down, miserable, feeble
Nederlands: afgetakeld


Bywoord: oes

Betekenis:
• Wat al te sleg lyk of voel.

Gebruik:
• Ek voel oes vandag.
• Die grondpaaie lyk maar oes.

Vertaling:
Engels: run-down
Nederlands: afgetakeld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nut
Volgende onderwerp: olifantslurp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Aug. 26 23:13:44 UTC 2026