| krimpvarkie [boodskap #130772] |
Sa., 11 April 2020 05:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24153 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Krimpvarkie moet met dik handskoene hanteer word.
krimpvarkie
Afbreking: krimp•var•kie
Samestelling: krimp + varkie
Selfstandige naamwoord: krimpvark
Meervoud: krimpvarke
Verkleinwoord: krimpvarkie
Meervoud van verkleining: krimpvarkies
Betekenis:
• 'n Klein insekvretende soogdier met penne op die rug, Atelerix frontalis, Erinaceus europaeus, edm.
Gebruik:
• Die krimpvarkie se hele lyf is bedek met swart en dofgeel pennetjies - vanaf die voorkop, oor die rug tot onder die sye.
Vertaling:
Engels: hedgehog
Nederlands: egel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|