| dowe [boodskap #130679] |
So., 05 April 2020 15:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dowe
Afbreking: do•we
Samestelling: doof + -e
Uitspraak: /ˈdʊə.və/
Selfstandige naamwoord: dowe
Meervoud: dowes
Betekenis:
• 'n Persoon wat doof is.
Gebruik:
• Hy het die dowes laat hoor, die blindes laat sien, die siekes genees en dooies uit die dood opgewek.
Vertaling:
Engels: deaf person
Nederlands: dove
Byvoeglike naamwoord: doof
Vergrotende trap: dower
Oortreffende trap: doofste
Attributief: dowe
Intensief: stokdoof
Betekenis:
• Attributiewe vorm van doof. Wat nie goed kan hoor, of glad nie kan hoor nie.
Gebruik:
• 'n Gelukkige en suksesvolle huwelik het 'n blinde vrou en 'n dowe man nodig.
Spreekwoord:
• Hy doen dit nie om dowe neute nie. [Met 'n spesiale doel iets doen.]
Sinoniem:
• hardhorende
Hiponiem:
• halfdowe
• stokdowe
Afgelei:
• dowemansdeur
• dowerig
• doweskool
Vertaling:
Engels: deaf
Nederlands: dove
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|