| rywiel [boodskap #130650] |
Sa., 04 April 2020 13:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24212 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wielryers op rywiele.
rywiel
Afbreking: ry•wiel
Samestelling: ry + wiel
Selfstandige naamwoord: rywiel
Meervoud: rywiele
Verkleinwoord: rywieletjie
Meervoud van verkleining: rywieletjies
Betekenis:
• 'n Fiets met een wiel wat veral vir akrobatiese toertjies gebruik word; eenwielfiets; eenwieler.
• (verouderd) 'n Fiets.
Gebruik:
• Die hanswors ry op 'n rywiel.
• Die seun is net betyds, spring van sy rywiel af en loop haastig teen die bus se trappe op.
Verwant:
• fiets
Vertaling:
Engels: unicycle; cycle, bicycle
Nederlands: rijwiel
Nota:
• Rywiel was tot in 1966 die wetlike term vir 'n fiets in Nederlands.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|