| bloedbank [boodskap #130603] |
Wo., 01 April 2020 17:52 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24212 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die bloed van 'n skenker.
bloedbank
Afbreking: bloed•bank
Samestelling: bloed + bank
Uitspraak: /ˈblut.baŋk/
Selfstandige naamwoord: bloedbank
Meervoud: bloedbanke
Verkleinwoord: bloedbankie
Meervoud van verkleining: bloedbankies
Betekenis:
• 'n Plek en instelling waar die bloed van skenkers vir bloedoortappings gekeur en bewaar word.
Gebruik:
• 'n Skenker kan elke 56 dae 'n bloedbank besoek om bloed te skenk.
Vertaling:
Engels: blood bank
Nederlands: bloedbank
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|