Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » baai
baai [boodskap #130578] Ma., 30 Maart 2020 17:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26571
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Valsbaai
Valsbaai
baai
Afbreking: baai
Uitspraak: /bɑːi̯/


Selfstandige naamwoord: baai
Meervoud: baaie
Verkleinwoord: baaitjie
Meervoud van verkleining: baaitjies

Betekenis:
• 'n Wye inham van die see wat aan drie kante deur land omring word.

Gebruik:
• Valsbaai is 'n bekende baai naby Kaapstad.

Vertaling:
Engels: bay
Nederlands: baai

Mense wat baai.
Mense wat baai.

Werkwoord: baai
Verlede tyd: het gebaai
Teenwoordige deelwoord: baaiend, baaiende
Verlede deelwoord: gebaaide

Betekenis:
• Om te swem of langs die water te lê en in die son te bak.
• Om in iets gehul te wees; oortrek van; bestraal deur.

Gebruik:
• Ons gaan môre by die see baai.
• Die figure in die een skildery is in lig gebaai, terwyl die mense in die ander skildery in skadu gehul is.

Afgelei:
• baaibroek
• baaier
• baaikostuum
• baaipak
• baaipet
• baaiplek

Vertaling:
Engels: to bathe
Nederlands: baden


Tussenwerpsel: baai

Betekenis:
• 'n Afskeidsgroet; tot siens.

Gebruik:
• Baai, sien jou môre.

Vertaling:
Engels: bye
Nederlands: tot ziens

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paranoia
Volgende onderwerp: verlange
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Sep. 22 00:11:24 UTC 2026