Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gis
gis [boodskap #130504] Do., 26 Maart 2020 15:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26619
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Gis
Gis
gis
Afbreking: gis


Selfstandige naamwoord: gis
Meervoud: giste

Betekenis:
• 'n Middel wat opbruising en skuimvormig veroorsaak, gebruik vir die bak van brood en die brou van bier.
• (biologie) Een van 'n aantal eukariotiese mikro-organismes van die swam-koninkryk.

Gebruik:
• Gis stel koolsuurgas vry wat holtes in die deeg vorm en die deeg laat rys.
• Giste word van bakterieë onderskei deur die besit van 'n selkern en deur hul grootte.

Sinoniem:
• suurdeeg

Afgelei:
• gisbalie
• gisfabriek
• gishoudend
• giskoekie
• giskuip
• gisplant
• gisproses
• gisstof
• gisswam
• gisting

Vertaling:
Engels: yeast, leaven
Nederlands: gist


Werkwoord: gis
Verlede tyd: het gegis
Teenwoordige deelwoord: gissend, gissende
Verlede deelwoord: gegiste

Betekenis:
• Om op te bruis met die toediening van 'n gis-swam.
• Om 'n vermoede oor iets uit te spreek; raai; skat.

Gebruik:
• Laat die deeg goed gis.
• Jy hoef nie langer te raai of te gis nie, want hier is jou antwoord...

Afgelei:
• gissing

Vertaling:
Engels: to ferment, rise; to guess, conjecture
Nederlands: gisten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: veldpatat
Volgende onderwerp: epikuris
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Sep. 26 04:12:55 UTC 2026