Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Australie: Ek bly lekker dankie !
Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13015 is 'n antwoord op boodskap #13044] |
Wed, 04 March 1998 00:00  |
Galjoen!
Boodskappe: 44 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek, die uwe, 'n opregte Afrikaner, bly lekker hier dankie.
My kinders praat uitstekend Afrikaans en dit is na 8 jaar nog
ons huistaal.
Ek mis natuurlik my land, familie en kultuur soms vreeslik,
maar dit verander niks aan die feit dat ek lekker hier bly nie.
En, terloops, hier is omtrent net soveel redes waarom Suid Afrikaners
hier is as wat daar suid afrikaners is. So moenie veralgemeen nie.
My rede is dat die Apartheidsbewind en meegaande weermagsbetrokkenheid
my te veel ingesleep het by 'n verkeerde beleid. Maar kom ons los nou
maar die politiek vir 'n slag ne ?
Vriendelike groete, vir julle daar tuis,
ek hoop dinge werk goed uit sodat ek daar kan gaan aftree.
NS: En moet my om godswil nie kontak oor raad vir emmigrasie nie,
ek is nou bietjie gatvol vir ryk Suid Afrikaners wat gedurig
hulp en raad wil he om hiernatoe te kom. Is julle bleddiewil
hulpbehoewend ?!! Sit dan eerder skouer aan die wiel en help SA opbou.
|
|
|
|
|
|
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13046 is 'n antwoord op boodskap #13044] |
Wed, 04 March 1998 00:00   |
Jan
Boodskappe: 166 Geregistreer: August 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek stem saam met jou - ons is nou al hier vir drie jaar en ons huistaal en
die van my kinders is steeds Afrikaans. Ons is trots op ons taal, ons
herkoms en kultuur.
Sekerlik een van die dinge wat ons die meeste mis is die Afrikaner se sin
vir humor en vermoe" om altyd positief (Gloudina nie..) te bly. Ons mense
doen goed hier !
Ons gaan nog gereeld terug na Suid Afrika en het steeds eiendom daar.
Ek nooi enige Suid Afrikaner uit om met my te skakel as hulle enigsins hulp
nodig het om te emmigreer - ek weet van 'n baie goeie en betroubare Suid
Afrikaner wat ook hier woon en wat al talle mense gehelp het om te emmigreer
en ook toesien dat hulle hier 'n begin kan maak.
Onrusstoker wrote in message ...
> Ek, die uwe, 'n opregte Afrikaner, bly lekker hier dankie.
> My kinders praat uitstekend Afrikaans en dit is na 8 jaar nog
> ons huistaal.
> Ek mis natuurlik my land, familie en kultuur soms vreeslik,
> maar dit verander niks aan die feit dat ek lekker hier bly nie.
>
> En, terloops, hier is omtrent net soveel redes waarom Suid Afrikaners
> hier is as wat daar suid afrikaners is. So moenie veralgemeen nie.
> My rede is dat die Apartheidsbewind en meegaande weermagsbetrokkenheid
> my te veel ingesleep het by 'n verkeerde beleid. Maar kom ons los nou
> maar die politiek vir 'n slag ne ?
>
> Vriendelike groete, vir julle daar tuis,
> ek hoop dinge werk goed uit sodat ek daar kan gaan aftree.
>
> NS: En moet my om godswil nie kontak oor raad vir emmigrasie nie,
> ek is nou bietjie gatvol vir ryk Suid Afrikaners wat gedurig
> hulp en raad wil he om hiernatoe te kom. Is julle bleddiewil
> hulpbehoewend ?!! Sit dan eerder skouer aan die wiel en help SA opbou.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13060 is 'n antwoord op boodskap #13044] |
Thu, 05 March 1998 00:00  |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Relax Lou! Ek preek nie en ek hoop nie ek kom hoogwaardig voor nie. Ek
was net baie gelukkig dat ek wel kon kwalifiseer om in die VSA in te kom en
dat ek nou hierdie groot avontuur in my lewe ervaar. Ek dink beslis nie
dit maak van my 'n helikopterpilot nie! Is maar net lekker, dis al!
--
Net Nico ...
Lou wrote in article
...
| Hoekom kry julle mense so 'n hoogwaardige houding sodra julle die land
| verlaat. Hou op om ons neuse daarin te vryf, as jy gewaai het, het jy
| gewaai my ou . Hou op om vir ons te preek en maak die beste van jou
| nuwe land - en lekker Afrikaans praat vir die eerste paar jaar - jou
| kinders en kleinkinders sal heel moontlik nie.
|
| Cheers
| Lou
|
|
|
|
Re: Australie: Ek bly lekker dankie ! [boodskap #13061 is 'n antwoord op boodskap #13044] |
Thu, 05 March 1998 00:00  |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nee, jy is nie alleen nie - ek het nie vir myself gesê nou wil ek lekker
leef en daarom besluit ek om VSA toe te gaan nie.
Ek het 'n hele string oorwegings gehad wat 'n rol gespeel het - seker die
belangrikste was dat ek net nie verder in my loopbaan kon vorder in SA nie
en hierdie vir my 'n verdere uitdaging sou skep. Omdat ek nie in SA verder
kon vorder nie, het ek ook vasgehaak met salaris en dit net bloot eenvoudig
onmoontlik gevind om verder kop bo water te hou. 'n Skuif oorsee het dus
ook vir my beteken dat ek my finasiele posisie baie verbeter.
Daarom kan ek ook nou lekkerder leef en die avontuur geniet. Ek het ook
tot die besef gekom dat die Calvinistiese opvatting dat dit edel is om
swaar te kry, sommer nonsies is. Mens mag maar lekker leef!
--
Net Nico ...
Leendert van Oostrum wrote in article
| Is dit net ek wat 'n probleem het met die idee dat "lekker
| lewensomstandighede" die norm is waarvolgens ons belangrike besluite moet
| maak - soos die land waarin mens woon en of jy skouer aan die wiel sal sit
| of nie?
|
| Groete, Leendert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 02:07:06 UTC 2025
|