| kiem [boodskap #130380] |
Vr., 20 Maart 2020 12:59 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26827 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
kiem
Afbreking: kiem
Selfstandige naamwoord: kiem
Meervoud: kieme
Verkleinwoord: kiempie
Meervoud van verkleining: kiempies
Betekenis:
• 'n Mikro-organisme of mikrobe, dikwels die veroorsaker van 'n siekte, soos 'n bakterie of basil.
• Dié deel van 'n vrug waaruit 'n nuwe plant of dier groei.
• (figuurlik) Dit waaruit iets groei, ontstaan of voortspruit.
Gebruik:
• Die water was met die kieme van 'n dodelike siekte besmet.
• By diere ontwikkel die kiem uiteindelik tot 'n komplekse embrio.
• Die ongelukkige gebeure het die kiem geplant van 'n bloedige opstand wat later sou uitbreek.
Spreekwoord:
• In die kiem smoor. [Iets onderdruk voordat dit kan ontwikkel.]
Sinoniem:
• mikrobe
Afgelei:
• kiemdoder
• kiemdokter
• kiemdraer
• kiemlaag
• kiemsel
• kiemstremmiddel
• kiemvry
• siektekiem
Vertaling:
Engels: germ; embryo, seed
Nederlands: kiem
Werkwoord: kiem
Verlede tyd: het gekiem
Betekenis:
• Om vanuit 'n kiem of saadjie te begin groei.
Gebruik:
• Sommige plante kiem direk ná 'n brand.
Vertaling:
Engels: to germinate, sprout, shoot
Nederlands: kiemen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|