| afloswedloop [boodskap #130303] |
Vr., 13 Maart 2020 06:52 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24212 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Atlete wat 'n afloswedloop hardloop.
afloswedloop
Afbreking: af•los•wed•loop
Samestelling: aflos + wedloop
Selfstandige naamwoord: afloswedloop
Meervoud: afloswedlope
Verkleinwoord: afloswedlopie
Meervoud van verkleining: afloswedlopies
Betekenis:
• 'n Wedstryd waarin die lede van 'n span mekaar op bepaalde plekke aflos.
Gebruik:
• Die skool se atlete het in baan- en velditems deelgeneem en veral naam gemaak in die afloswedloop.
Vertaling:
Engels: relay race
Nederlands: estafette
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|