| spotvoël [boodskap #130263] |
Di., 10 Maart 2020 20:47 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24162 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Spotvoël.
spotvoël
Afbreking: spot•vo•ël
Samestelling: spot + voël
Selfstandige naamwoord: spotvoël
Meervoud: spotvoëls
Verkleinwoord: spotvoëltjie
Meervoud van verkleining: spotvoëljies
Betekenis:
• (figuurlik) Iemand wat lief is om met alles te spot.
• Die spotsanger, 'n sangvoël wat geluide naboots (Hippolais icterina).
Gebruik:
• Hy is 'n regte spotvoël jy moet hom liewers nie te ernstig opneem nie.
• Die spotvoël broei in Europa en oorwinter in suidelike Afrika.
Sinoniem:
• bespotter
• hanswors
• nar
• poetsbakker
• spotter
Vertaling:
Engels: mocker; mocking‐bird
Nederlands: spotvogel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|