Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE SWART MISLUKKING
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12953 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
llaub...@aol.com (LLaubscher) writes:

> Andersinds kan jy ook my eie artikel raadpleeg: Laubscher, L. & McNeil, J. D.
> (1995). Climbing Kilimanjaro: The case for an African Philosophy and
> Psychology. Psychology Bulletin (SA), 5, 1-10. Indien jou biblioteek nie
> hierdie journal dra nie, kan jy dit direk vanaf die uitgewers aanvra.
> Psychology resource centre, University of the Western Cape, Private Bag X17,
> Bellville, 7535.

> ____
> L. Laubscher
> ISPP - Chicago

Is dit moontlik om die kernstandpunte
in hierdie artikel op te som vir die
nuusgroep? Ek is baie geinteresseerd.
Dit sal heelwaarskynlik lei tot 'n
interessante en vrugbare bespreking.

Gloudina Bouwer
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12954 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 25 Feb 1998 16:15:48 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> van dinge
>> wat mense nie eens geskryf het nie. Par for the course, dus.>>
>
> Jou bedoel nou soos om baie hoe" en verbale menings uit te spreek oor
> "swart regerings" sonder dat 'n mens weet wie actually in die kabinet
> en parlement is?

Waarop grond jy hierdie bewering?

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12955 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> jan schrik writes: > Wat wil je hier nou precies mee
aangeven Gloudina ?

>
> Presies wat ek bedoel? Terwyl sommige
> sogenaamde "wittes" nog hooghartig aan
> hulself dink as die room op die melk,
> verskuif die veral intellektuele en
> literere landskap onder hulle voete.
> Dis amper 'n geval van "natural selection."
> Die kinders van mense uit die Ooste en
> die Indiese subkontinent het amper altyd
> welgestelde en in baie gevalle akademies-
> begaafde ouers, en die kinders kom dus
> uit gekultiveerde huise. Dis daarom dat
> baie van die Kanadese Rhodes Scholars
> meisies van Indiese oorsprong is. In
> byna elke skool vind jy Chinese of
> Indiese name aan die bopunt van die lys
> van goeie studente. Iemand het vir my
> gesê dis dieselfde in Australi"e. Dis
> definitief dieselfde in die VSA in die
> streke waar daar baie mense uit die
> Asiatiese kontinent is.

Hmmm.....

1) Akademiese prestasie van kinders in skole korreleer inderdaad met
sosio-ekonomiese stand van die gesin van herkoms - vandaar Gloudina se
elitisties gekleurde waarneming.
2) Akademiese prestasie van kinders in skole korreleer ook met die
onderwysvlak wat die ouers bereik het - vandaar Gloudina se intellektuele
snobisme.
3) Interessant genoeg, korreleer akademiese prestasie van kinders in
tuisonderwys geensins met sosio-ekonomiese stand of met die onderwysvlak wat
die ouers bereik het nie. Arm kinders presteer net so goed as rykes, en die
kinders van ouers wat self nie hul skoolloopbaan voltooi het nie, presteer
net so goed soos kinders van professionele of akademiese ouers - en die hele
spul presteer beter as kinders in skole.
4) Uri Treisman, 'n African American uit Brooklyn het in die
sewentigerjare as nagraadse student in wiskunde by UC Berkely ook opgemerk
dat die Asiërs aan die regterkant van die normaalkurwe (die berugte Bell
curve) vir wiskundeprestasie konsentreer. Die African Americans, daarenteen,
was aan die linkerkant gekonsentreer. Dit was nog steeds die geval in groepe
wat gekies is om vir sosio-ekonomiese stand en onderwysvlak van die ouers te
kontroleer. Treisman het gevind dat die enigste verskil daarin lê dat die
Asiërs in groepe studeer, terwyl die AA'ns individueel studeer. Hy het 'n
ingreep ontwerp wat AA studente geleer en aangemoedig het om in groepe te
studeer. Die resultaat was 'n beduidende en betekenisvolle verskuiwing van
hul prestasie na regs - die studente in sy eksperimentele groep het daarna
op of bo die gemiddeld presteer.
5) Ek vermoed dus, Gloudina, dat die veranderlikes wat jy so hoog aanslaan,
en die ge-impliseerde een van genetika, waarskynlik veel minder belangrik is
as wat jy mag dink. Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12956 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 25 Feb 1998 00:57:37 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> ..en dan let ek op dat "verdere navorsing" oor die Nazi's nodig is
>>> voor oordeel uitgespreek kan word, maar 'n negatiewe oordeel kan maar
>>> laat waai word mee oor die swart stamme van Afrika.
>>
>> Hmmm....? Watter negatiewe oordeel?>>>
>
> Soek dit maar self. ooookaaaAAYYY?????

Jammer, Koos. Ek kan nie in jou kop soek na dinge wat net daar bestaan nie.

As dit iewers anders staan, sal jy dit sekerlik sonder moeite kan aantoon.

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12957 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jan schrik writes: > Wat wil je hier nou precies mee aangeven Gloudina ?
>
> @igs.net wrote:
>
>> knipperdeknipperdeknip Die ironie
>> is egter dat die (hoogs opgevoede)
>> kinders van mense wat geslagte gelede
>> uit die Indiese subkontinent gekom
>> het, nou van Kanada se beste skrywers
>> en intellektueles word.Oor 'n honderd
>> jaar sal hulle en mense soos hulle uit
>> die Ooste die intelligentsia van Kanada
>> vorm.
>>
>> Gloudina Bouwer

Presies wat ek bedoel? Terwyl sommige
sogenaamde "wittes" nog hooghartig aan
hulself dink as die room op die melk,
verskuif die veral intellektuele en
literere landskap onder hulle voete.
Dis amper 'n geval van "natural selection."
Die kinders van mense uit die Ooste en
die Indiese subkontinent het amper altyd
welgestelde en in baie gevalle akademies-
begaafde ouers, en die kinders kom dus
uit gekultiveerde huise. Dis daarom dat
baie van die Kanadese Rhodes Scholars
meisies van Indiese oorsprong is. In
byna elke skool vind jy Chinese of
Indiese name aan die bopunt van die lys
van goeie studente. Iemand het vir my
gesê dis dieselfde in Australi"e. Dis
definitief dieselfde in die VSA in die
streke waar daar baie mense uit die
Asiatiese kontinent is.

Gloudina
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12976 is 'n antwoord op boodskap #12642] Sa, 28 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
|
| Presies wat ek bedoel? Terwyl sommige
| sogenaamde "wittes" nog hooghartig aan
| hulself dink as die room op die melk,
| verskuif die veral intellektuele en
| literere landskap onder hulle voete.
| Dis amper 'n geval van "natural selection."
| Die kinders van mense uit die Ooste en
| die Indiese subkontinent het amper altyd
| welgestelde en in baie gevalle akademies-
| begaafde ouers, en die kinders kom dus
| uit gekultiveerde huise. Dis daarom dat
| baie van die Kanadese Rhodes Scholars
| meisies van Indiese oorsprong is. In
| byna elke skool vind jy Chinese of
| Indiese name aan die bopunt van die lys
| van goeie studente. Iemand het vir my
| gesê dis dieselfde in Australi"e. Dis
| definitief dieselfde in die VSA in die
| streke waar daar baie mense uit die
| Asiatiese kontinent is.
|
| Gloudina

Jy sê jy bly in Kanada? Ek trek dit sterk in twyfel! Ek dink jy sit op
een of ander planeet.
"Get a life!" Word wakker! Kyk om jou, ver om jou. Jy redeneer soos 'n
laerskool seuntjie wat nog nooit verder van die huis af weg was as sy
skoolgronde nie.
Klink of jy 'n minderwaardigheidskompleks daar waar jy is, begin opbou het.
Gloudina, dis olraait om maar goed te voel oor die feit dat jy wit is. Jy
hoef nie so skuldig te voel nie - jy mag ook maar ander wittes begin
raaksien - hulle is wel daar om jou.

Geniet die lewe Gloudina! Jy mag maar!

Nico
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12977 is 'n antwoord op boodskap #12642] Sa, 28 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" <cura...@lantic.co.za

Treisman het gevind dat die enigste verskil daarin lę dat die
> Asiërs in groepe studeer, terwyl die AA'ns individueel studeer. Hy het 'n
> ingreep ontwerp wat AA studente geleer en aangemoedig het om in groepe te
> studeer. Die resultaat was 'n beduidende en betekenisvolle verskuiwing van
> hul prestasie na regs - die studente in sy eksperimentele groep het daarna
> op of bo die gemiddeld presteer.

Maar hoe vind die tuisonderwys
uitstekendheid plaas as jy nou
gaan verklaar dat die beste is
dat skoliere in groep moet studeer?


> 5) Ek vermoed dus, Gloudina, dat die veranderlikes wat jy so hoog aanslaan,
> en die ge-impliseerde een van genetika, waarskynlik veel minder belangrik is
> as wat jy mag dink. Vriendelike groete, Leendert

Ja, ek gee toe dat my "natural selection"
miskien nie die regte teorie is nie. Maar
dit staan soos 'n paal bo water - Chinese
studente en studente wie se voorvaders van
die Indiese sukontinent gekom het, presteer
as 'n groep beter as wittes hier in Kanada.

Gloudina
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12991 is 'n antwoord op boodskap #12642] So, 01 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
|
| Ja, ek gee toe dat my "natural selection"
| miskien nie die regte teorie is nie. Maar
| dit staan soos 'n paal bo water - Chinese
| studente en studente wie se voorvaders van
| die Indiese sukontinent gekom het, presteer
| as 'n groep beter as wittes hier in Kanada.
Sou dit dalk wees omdat hulle 'n groter effort insit in 'n nuwe land omdat
hulle weet hulle moet hard werk om daar uit te styg bo beide wat hulle
agtergelaat het en bo die mense om hulle wie se land dit is?

Nico
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12992 is 'n antwoord op boodskap #12642] So, 01 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Presies wat ek bedoel? Terwyl sommige
> sogenaamde "wittes" nog hooghartig aan
> hulself dink as die room op die melk,
> verskuif die veral intellektuele en
> literere landskap onder hulle voete.
> Dis amper 'n geval van "natural selection."
> Die kinders van mense uit die Ooste en
> die Indiese subkontinent het amper altyd
> welgestelde en in baie gevalle akademies-
> begaafde ouers, en die kinders kom dus
> uit gekultiveerde huise.

Nou wat van die Indiese kinderstjies wat as gevolg van 'n klas stelsel
altyd in die modder sal bly en as geforseerde kinder arbeiders werk.
Apartheid was erg maar die Indiese klasses telsel is net so wreed. Maar
nou ja jou gekleurde oogklappe laat jou seker nie toe om dit raak te
sien nie.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13002 is 'n antwoord op boodskap #12642] Ma, 02 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Lou writes: >
>>
>> Nou wat van die Indiese kinderstjies wat as gevolg van 'n klas stelsel
>> altyd in die modder sal bly en as geforseerde kinder arbeiders werk.
>> Apartheid was erg maar die Indiese klasses telsel is net so wreed. Maar
>> nou ja jou gekleurde oogklappe laat jou seker nie toe om dit raak te
>> sien nie.
>
> Want sien, ou Lou, ons praat nou van
> Kanada, waarnatoe die gewoonde hoogs-
> gekwalifiseerde Indiers uitwyk. Dit
> is amper soos die breindrein van die
> Afrikaners uit SA uit, noudat hulle
> nie meer op die room van die land
> kan leef nie. Die Indiese klassestelsel
> is wreed, maar is volgens die Indiese
> wetstelsel onwettig verklaar. Een
> van die presidente van Indi"e is
> juis gekies omdat hy van die laagste
> kasstelsel kom. Dit is 'n groot verskil
> met die apartheidsstelsel wat in die
> land se wette ingebou is.

Nee Gloudina - dit is net so erg of erger as apartheid. Die apartheid
stelsel kom op die meeste twee honderd en vyftig jaar terug. Die Indiese
kaste stelsel is kultureel ingeburger en gaan honderde indien nie
duisende jare terug Nou vertel my nou watter een gaan eerste verdwyn.
Kultuur my ou dier staan sterk en kan nie net so met die pen verander
word nie. Jy kan wette maak tot jy blou in die gesig is, die afdwing is
waar die probleem eintlik gebeur.

O ek dog jy is so vir die Indierse en Oosterlinge. Nou vertel jy vir my
hulle het ook maar, net soos jy, die room van die land afgeskep en
gewaai. Die hoof verskil is seker dat hulle groot bedrae terug stuur.

Groete
Lourens
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13003 is 'n antwoord op boodskap #12642] Ma, 02 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
tu...  is tans af-lyn  tu...
Boodskappe: 2
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Presies wat ek bedoel? Terwyl sommige
> sogenaamde "wittes" nog hooghartig aan
> hulself dink as die room op die melk,
> verskuif die veral intellektuele en
> literere landskap onder hulle voete.
> Dis amper 'n geval van "natural selection."
> Die kinders van mense uit die Ooste en
> die Indiese subkontinent het amper altyd
> welgestelde en in baie gevalle akademies-
> begaafde ouers, en die kinders kom dus
> uit gekultiveerde huise. Dis daarom dat
> baie van die Kanadese Rhodes Scholars
> meisies van Indiese oorsprong is. In
> byna elke skool vind jy Chinese of
> Indiese name aan die bopunt van die lys
> van goeie studente. Iemand het vir my
> gesê dis dieselfde in Australi"e. Dis
> definitief dieselfde in die VSA in die
> streke waar daar baie mense uit die
> Asiatiese kontinent is.
>
> Gloudina
>

Dit is waar dat jou beste studente in die Westerse Wereld en in ander
Eerste Wereld land Oosterlinge is. Die rede daarvoor is dat die mense
'n geskiedenis het van letterlik duisende jare (Chinese bv. 5000 jaar)
van die geskrewe woord. Dit is my opinie en so ook die van baie ander
dat dit nou al geneties vasgele is in die nasies. Tweede op die lys is
die Westerse nasies en heel laaste die swart nasies. As 'n westerling
erken ek dat wanneer dit kom by tegnologie, dissipline, harde werk,
respek en higiene, dan sukkel dit om by die oosterlinge te kom, so ek
sien myself nie eers naastenby op dieselfde vlak nie. Dit gee my egter
iets beter om na te streef, myself te dissiplineer om harder te werk
ens. Waar laat dit egter my swart vriende in Afrika, hoekom kan hulle
nie dieselfde erken nie - harder werk, hulle kinders ondersteun om die
'nuwe' tegnologie aan te neem en self meer gefokus en meer
gedissiplineerd te raak. Daar slaag meer swart mense matirek elke jaar
as wat daar wit matrieks in SA is. As elkeen van hulle gaan en een of
twee ander leer lees of skryf, sal probleme mos gou opgelos word. Die
Boere het in die geskiedenis van SA geleer lees en skryf by pa's en ma's
en broers en susters - daar het nie onderwysers, boeke en skoolgeboue
uit die lug geval en alles in een dag gebeur nie. Hou op om 'white
trash' vir al julle probleme te blameer - die tegnologie en die geskrewe
woord het letterlik vir julle uit die lug geval - 'white trash' het al
in die laat 1600's skole begin bou - wat wil julle nog meer he.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13004 is 'n antwoord op boodskap #12642] Ma, 02 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Lou writes: >
>
> Nou wat van die Indiese kinderstjies wat as gevolg van 'n klas stelsel
> altyd in die modder sal bly en as geforseerde kinder arbeiders werk.
> Apartheid was erg maar die Indiese klasses telsel is net so wreed. Maar
> nou ja jou gekleurde oogklappe laat jou seker nie toe om dit raak te
> sien nie.

Want sien, ou Lou, ons praat nou van
Kanada, waarnatoe die gewoonde hoogs-
gekwalifiseerde Indiers uitwyk. Dit
is amper soos die breindrein van die
Afrikaners uit SA uit, noudat hulle
nie meer op die room van die land
kan leef nie. Die Indiese klassestelsel
is wreed, maar is volgens die Indiese
wetstelsel onwettig verklaar. Een
van die presidente van Indi"e is
juis gekies omdat hy van die laagste
kasstelsel kom. Dit is 'n groot verskil
met die apartheidsstelsel wat in die
land se wette ingebou is.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13024 is 'n antwoord op boodskap #12642] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
> Treisman het gevind dat die enigste verskil daarin lê dat die
>> Asiërs in groepe studeer, terwyl die AA'ns individueel studeer. Hy het 'n
>> ingreep ontwerp wat AA studente geleer en aangemoedig het om in groepe te
>> studeer. Die resultaat was 'n beduidende en betekenisvolle verskuiwing van
>> hul prestasie na regs - die studente in sy eksperimentele groep het daarna
>> op of bo die gemiddeld presteer.
>
> Maar hoe vind die tuisonderwys
> uitstekendheid plaas as jy nou
> gaan verklaar dat die beste is
> dat skoliere in groep moet studeer?

Dit het ek nie verklaar nie.

Mens kan wel uit Treisman se bevindinge aflei dat studente wat in groot
klasse onderrig word (hoeveel in 'n eerstejaarwiskundeklas by Berkeley? 100?
300?) beter presteer as hulle in groepe studeer.

Ons weet wel dat klasgrootte leerderprestasie be-invloed, maar slegs in
klasse van kleiner as 20. Onder daardie getal begin leerderprestasie styg,
and wanneer die getal minder as twaalf word, styg dit besonder sterk.

Ek vermoed dat die groepwerk van Treisman bloot sommige aspekte van 'n
kleinklassituasie herwin - iets wat in tuisonderwys normaalweg bestaan.

Daarbenewens is dit algemeen bekend (in tuisonderwyskringe) dat die ouer in
tuisonderwys sterk figureer as 'n medeleerder, eerder as 'n "sage on the
stage". Dit skep dus 'n groepsituasie van ten minste twee.

Die voordele van die groepsituasie onder Berkeley-studente korreleer dan ook
met die navorsing oor prestasie van kinders _in skole_. By kinders in skole
vind navorsers konsekwent dat die betrokkenheid van ouers by die leerwerk
van die kinders waarskynlik die sterkste enkele faktor is wat leerprestasie
postief be-invloed. Ongeag die onderwysvlak wat ouers self behaal het.

Dit is, in hierdie verband, opmerklik dat Kanadese onderwysdepartemente
geweldig baie moeite doen om ouers direk te betrek by die kurrikulum - hulle
verskaf selfs gedetailleerde inligting oor die kurrikuluminhoud en
besonderhede oor wat die kinders in die klas behoort te doen. Hier by ons
kom ek gereeld onderwysers teë wat vas glo dat die kurrikulum 'n geheime
dokument is, en dat slegs onderwysers dit mag sien!

Dus: tuisonderwys kombineer twee van die sterkste voorspellers vir
akademiese prestasie - kleinklas/kleingroeponderrig en ouerbetrokkenheid.
Treisman se metode simuleer aspekte van kleinklasonderrig.

>
>> 5) Ek vermoed dus, Gloudina, dat die veranderlikes wat jy so hoog aanslaan,
>> en die ge-impliseerde een van genetika, waarskynlik veel minder belangrik is
>> as wat jy mag dink. Vriendelike groete, Leendert
>
> Ja, ek gee toe dat my "natural selection"
> miskien nie die regte teorie is nie. Maar
> dit staan soos 'n paal bo water - Chinese
> studente en studente wie se voorvaders van
> die Indiese sukontinent gekom het, presteer
> as 'n groep beter as wittes hier in Kanada.

Ek sou die antwoord eerder soek in "cultural selection" as in "natural"
selection. Ek dink dit gaan miskien oor die waarde wat gesinne heg aan
"geleerdheid", en die mate waartoe ouers bereid is om daarvoor op te offer
en daarby betrokke te raak.

In hierdie opsig is daar mense wat beweer dat die verval van akademiese
standaarde (op skoolvlak) in Noord-Amerika verband hou met die verval van
die Puriteinse werketiek en die Protestantse klem op studie en navorsing as
skeppingsopdrag aan die gelowige.

Ek kan nogal insien dat sulke kultuurbepaalde prioriteite 'n deurslaggewende
rol kan speel - ook as jy kyk na die klem op studie in die Joodse kultuur,
waar dit ook godsdienstig gegrond is. Dit sou waarskynlik ook bepaal word
deur die _aard_ van die klem wat die kultuur op studie en navorsing plaas -
intern gerig, of gerig op die wêreld, holisties of reduksionisties.

(Die Indiërs wat so suksesvol is in Kanada - hoeveel van hulle is Muslim, en
hoeveel Hindoe? In die algemeen lyk dit asof Islam meer bevorderlik is vir
studie in die "westerse" en tegnologiese sin. Iemand het, daarenteen,
opgemerk dat Hindoes nogal opgang maak in sommige aspekte van die biologie
met die meer onlangse klem op holistiese perspektiewe.)

Ek vind dus die toenemende professionalisering van die onderwysberoep
kommerwekkend, vir sover dit "the work of the teacher" reserveer vir
geregistreerde onderwysers, en daarvan 'n "black box" -aktiwiteit maak
waarby die oningewyde nie betrek mag word nie. Onder die vorige bedeling is
dit gemotiveer uit Dooyeweerdt se idees van soewereiniteit in eie kring. Die
huidige bedeling motiveer dit uit "die beste belang van die kind".

Die effek is egter dieselfde: ouers word nie bemagtig om betrokke te raak by
die onderwys van hul kinders nie - behalwe om geld in te samel en goedkoop
arbeid te voorsien.

Groete, Leendert
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13025 is 'n antwoord op boodskap #12642] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 26 Feb 1998 09:04:45 GMT, "F. Stef Roux" <ro...@physics.utoronto.ca> wrote:

<< Die eerste ding wat hulle gedoen het
> en te probeer om 'n 'cure' te kry, in stede daarvan om hul moraliteit
> aan te pas en die kultuur die werk te laat doen. Wat interessant
> hiervan is, is dat dit tog op die ou ent die kultuur is wat tot die
> redding gekom het. Mense het geleer om sogenaamde 'safe sex' te
> beoefen, deur kondome te gebruik. Alhoewel daar sprake is van mediese
> oplossings, is daar vandag nog nie 'n 'cure' nie. 'So much for
> tegnology'.>>

Dis 'n siening wat dalk probleme kan kry as dit elders "getoets" word.
Jy sê (lyk dit my) dat fisiologiese en ander probleme kultureel
opgelos moet word. (Hoekom nie godsdienstig of moreel nie?!)

Dit klink vir my soos iemand wat redeneer dat in plaas van
tandheelkunde, moet 'n samelewing eerder die hele bevolking leer om
nie leggergoed te eet nie en die lekkergoed-nywerheid vernietig.

Of dat jy sou sê as 'n samelewing eerder 'n anti-griepmiddel
ontwikkel in plaas daarvan om sy mense te kry om kontak met mekaar te
vermy en te alle tye 2 meter van mekaar te bly, is dit 'n dekadente
samelewing.

Ek dink dekandensie is dalk iets anders?

Kom 'n mens by malaria, is dit seker meer kompleks. Sou dit 'n
dekadente samelewing wees wat uitbrei in malaria-besmette gebiede?
Soos die voortrekkers en sulkes gedoen het toe hulle die Laeveld gaan
bewoon het?!

Dit klink vir my of 'n teenmiddel vir Vigs die maklikste en mees
produktiewe oplossing vir Vigs is. Soos dit vir so baie siektes
voorheen was - waarvan talle siektes was wat seksueel oorgedra word.
Dit los die probleem op sonder dat die samelewing ontwrig word, dit
erken dat daar sekere promere drange by mense is wat bietjie moeilik
is om te verander en dit bou die mediese navorsingsomgewing uit.

'n Interresante (en onverwante) siening wat dit betref is dat die mens
vandag reeds 'n "cyborg" of wat ookal half mens/half masjien genoem
word, is. Ons het tande in ons monde wat ons nie behoort te he nie,
ons het liggaampies in ons bloed wat ons nie behoort te he nie,
gehoorstelle, brille, kontaklense, glad geskuurde ooglense, plate in
bene....
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13026 is 'n antwoord op boodskap #12642] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Petfly  is tans af-lyn  Petfly
Boodskappe: 22
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
ons praat nie van egipte nie.....

jy bly onosel....tipies onderwyseres....

Geen wonder jy het land uit gegaan nie, want hier is nie plek vir agterlike
mense soos jy nie.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13027 is 'n antwoord op boodskap #12642] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 02 Mar 1998 11:07:14 +1100, tu...@icr.com.na wrote:

dat dit nou al geneties vasgele is in die nasies.>>[/color]

Hoe gebeur dit?

By the way, wat is die geletterdheidsyfer van China?
Wat was dit 50 jaar gelede?
Wat was dit 120 jaar gelede?

die Westerse nasies en heel laaste die swart nasies.>>>[/color]

En hoekom kom al die wetenskaplike en tegnologiese deurbrake uit die
Weste?
Dit lyk soms asof die Ooste eerder goeie na-apers is.

gedissiplineerd te raak>>>[/color]

Dis 'n baie ou siening wat hier in SA nogal in die velede gehandhaaf
was deur tannies in crimpelene rokke wat heel dag sit en tee suig het
en oor bediendes se gebrek aan werk-etiek gekla het.
En hulle het nooit besef dat daai bediendes wat hulle tee gemaak het,
reeds 5 uur opgestaan het, hul eie kinders aandag gegee het en betyds
in die wit woonbuurt uitgekom het om 7 - uur die wit kinders ook
aandag te gee nie.
Dan, wanneer sy die wit kinders weer die aand kos gegee het, moes sy
huis toe om 9 uur daar aan te kom.

as wat daar wit matrieks in SA is. As elkeen van hulle gaan en een of[/color]
> twee ander leer lees of skryf, sal probleme mos gou opgelos word. >>

Ek dog dan jy wil he hulle moet met werkywer die ekonomie uitbou en
hulself tegnologies meer geletterd maak.

Boere het in die geskiedenis van SA geleer lees en skryf by pa's en ma's[/color]
> en broers en susters - daar het nie onderwysers, boeke en skoolgeboue
> uit die lug geval en alles in een dag gebeur nie. Hou op om 'white
> trash' vir al julle probleme te blameer - die tegnologie en die geskrewe
> woord het letterlik vir julle uit die lug geval - 'white trash' het al
> in die laat 1600's skole begin bou - wat wil julle nog meer he.>>

Wie is die "julle" wat jy so slegse hier?
(Dalk die Arabiere wat wiskunde ontwikkel het?
Of die ander bruin Midde-Oosterse rasse wat skrif ontwikkel het?)
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13028 is 'n antwoord op boodskap #12642] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
>

> Is dit moontlik om die kernstandpunte
> in hierdie artikel op te som vir die
> nuusgroep? Ek is baie geinteresseerd.
> Dit sal heelwaarskynlik lei tot 'n
> interessante en vrugbare bespreking.
>
> Gloudina Bouwer
>

Graag. Gee my egter so 'n week of twee. Ek is in een van daardie besige tye
hier by die werk sodat ek nie baie vrye tyd het om die nuusgroep te besoek nie.

_____
Leswin Laubscher
ISPP-Chicago
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13073 is 'n antwoord op boodskap #12642] Do, 05 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 3 Mar 1998 17:47:48 +0200, "Mafuta Sefebe"
wrote:

[/color]
> jy bly onosel....tipies onderwyseres....
>
> Geen wonder jy het land uit gegaan nie, want hier is nie plek vir agterlike
> mense soos jy nie.>>

Van onnosel gepraat, onthou om te meld wie jy antwoord anders waai jou
woorde los in die wind van die onkunde.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13089 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 06 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 3 Mar 1998 09:44:11 GMT, "F. Stef Roux"
wrote:

[/color]
> tegnologie gekant nie. As ek was sou ek nie hier op 'n rekenaar
>
> gesit en email skryf het nie. Al wat ek probeer sê is dat tegnologie
>
> nie die plek van kultuur moet probeer inneem nie. Dis verstaanbaar
>
> dat die mediese wetenskap sal probeer middels kry teen siektes, maar
>
> mens kan nie die voortbestaan van die mensdom daarvan afhanklik
>
> maak nie -- veral nie as daar 'n kulturele oplossing daarvoor bestaan
>
> nie.>>

Die voortbestaan van die mensdom is lank reeds afhanklik daarvan, nie
waar nie?
Om vuur te kan maak, was seker die eerste groot tegnologiese
deurbraak.
Daarna seker die wiel.
Klere was waarskynlik ook 'n reuse deurbraak.
Skrif en daarna boeke was beslis ook.

nie?>>>[/color]

Niemand se dit sal maklik wees nie. Miskien kry hulle dit nooit nie.
Maar daar moet probeer word. Om dieselfde redes dat daar maar aanhou
probeer moes word om byvoorbeeld insulien te ontwikkel.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13103 is 'n antwoord op boodskap #12642] Sa, 07 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 Mar 1998 13:27:19 GMT, "F. Stef Roux"
wrote:



Ek dink probeer is die woord hier.
Die wereld se bevolking groei steeds.
En dit groei die meeste in die minder ontwikkelde lande.

Om die storie kort te sny: My punt is dat seks 'n primere drang is en
dat dit bykans onmoontlik is om dit te polisie"er. Veral as jy 'n oop
demokrasie wil he waar eie keuse en eie verantwoordelikheid vir jou
dade aangemoedig word. En dit lyk asof ons wereld se ekonomiese
onderbou dit vir nog 'n lang tyd gaan vereis - die vryheid van
optrede.

Om seks te polisieer sal ook beten ALLE seks.
Vryheid van optrede sal dus sterk aan bande gele moet word. Terug sal
die ou erge sensuurwette moet kom.

En dit is waarskynlik nie meer moontlik vandag nie.

Veel makliker om die siekte-probleem met tegnologie te hanteer.

Van 'n ander kant gesien: Is dit enigsins moontlik om sosiale
dinamieke rondom iets so sterk soos eks van staatskant te beheer?
Ek glo nie.
En dit gaan uiters ontwrigtend wees.
Dit terwyl die infrastruktuur vir 'n tegnologiese oplossing reeds
sterk teenwoordig is en op sye eie hardloop om 'n oplossing te kry.

Maar se my, is dit net die tegnologiese hantering van Vigs wat jou
pla, of it dit vir alle siektes?
Het jy stopsels in jou mond?
Is jy ingeent teen siektes?
As daar 'n inenting teen Vigs bemark word, sal jy jou laat inent?

Dan
Ek se:

>

Waarop jy se:

'n verskynsel in die moderne westerse beskawings. Jy kan nie die[/color]
> stelling maak dat dit in alle kulture die geval is nie.>>

1. Ek dink jy gee toe dat dit wel 'n werklikheid is.
2. Dis 'n verskynsel so oud soos die berge reken ek.
3. Ek dink dit kom in die meeste kulture voor. Dink nou skielik aan
die Arabian Nights en die Kama Sutra en so aan.

Hel, die ontwaking van seksualiteit is waarskynlik die grootste
gebeurtenis in die lewe van die meeste mense!
Dit het onder meer waarskynlik gelei tot literatuur!!!

Ek se:
>> En veral 'n gegewe in die onderontwikkelde dele van die wereld waar
>> daar nie 'n ekonomiese raamwerk is waaraan moraliteit kan vashak nie.>>

Jy se:

te beweer dat onderontwikkelde lande 'n groter probleem hiermee sal he^. >>[/color]

Kultuur en moraliteit vereis 'n stabiele samelewing. Een waarin daar
keuses moontlik is, keuse being die operatiewe ding van moraliteit.
En 'n stabiele samelewing vereis 'n ekonomiese fondament.
Waar 1000 mense daagliks moet meeding vir kos wat net 100 kan voed, is
daar nie 'n stabiele samelewing nie. En stort konvensionele moraliteit
baie vinnig in duie.
Stuur 'n priester is, swaer, en hulle eet hom op voor sy preek klaar
is!
Gaan kyk maar in samelewings waar daar rasende armoede en tekorte is.
Ek vat jou 'n wed seksuele aanranding (laat staan nog seks as
skemeraand-speletjies) neem drasties toe.
En ek vat jou 'n wed die kerk het nie 'n groot invloed op die mense se
gedrag nie. Eerder "war lords".

laasgenoemde geval stem ek met jou saam dat die moraliteit ontbreek om[/color]
>
> die probleem te oorkom. Maar waar die kultuur nog gesond is, is die
>
> probleem minder erg as wat dit in die westerse wereld is suiwer omdat
>
> daar 'n moraliteit is. Dit hang egter van kultuur tot kultuur af wat
> hierdie
> moraliteit bepaal.>>

En ek se as daar hongersnood en rasende armoede heers is daar nie die
soort van kultuur moontlik wat die soort moraliteit predik - en sal
kan afdwing - wat mense min en safe sex sal laat beoefen nie.

Ek dink as iemand besef sy kanse om 30 te haal weens die chaos om is
in elk geval skraal, dan gee hy nie juis om oor safe sex nie.

Maar voor jy my verkeerd verstaan: Ek reken nie daar moet NIE
kultureel opgetree word rakense Vigs nie. Dit is bitter noodsaaklik en
in baie lande is dit ten minste vir groot gedeeltes van die bevolking
'n opsie.
Een land wat hierin 'n voorbeeld is, is Uganda.
Hulle het een van die wereld se ergste Vigs-probleme gehad en het dit
volgens alle aanduidings met 'n inligtings- en sosiale
betrekkingsprogram onder beheer gekry.

Let wel, onder beheer. Net soos die VSA waarna en onder verder verwys.

Maar die oplossing van die probleem is - net soos die geval met dinge
soos polio en masels en pokke en so aan was - is tegnologies.

> Die maklikste is dus om die siekte uit te sort met 'n teenmiddel - as[/color]
>
>> jy kan.
>
>
> Wel in die geval van Vigs is hierdie stelling verkeerd bewys.>>>

Hier waar ek woon en sover ek lees ook in plekke soos Indie, Brasilie
Rusland en Thailand is die tegnologie die beste kans! En dit lyk of
China ook op my lysie gaan beland.

Ek dink jy praat dalk van die VSA alleen.
En dalk Europa.
En dan, wel, daar is nog Vigs, is daar nie?
Met ander woorde daar is op die oomblik gekeer dat die siekte
epidemiese proporsies aanneem. In die rykste en mees georganiseerde
land in die wereld.
Maar hier is nuus vir jou: Daar is geen muur wat julle hoog genoeg kan
bou om julle ten volle te isoleer van die res van die planeet nie.
En besides, wat dink jy gaan gebeur as die VSA 'n sosiale
ineenstorting sou beleef met Vigs steeds teenwoordig?

Dis nie ondenkbaar dat die VSA 'n sosiale ineenstorting kan beleef
nie, weet jy?

[/color]
> bedruf werk dit so dat wanneer hulle 'n teenmiddel vind dit nog 10 tot
> 15
>
> jaar duur voordat die middel op die mark kan verskyn as gevolg van al
> die
>
> baie toetse wat gedoen moet word. Dit impliseer dat as die stryd
> teen Vigs
>
> slegs van hierdie middel afhanklik was Vigs 'n baie groot hap uit die
>
> bevolking sal neem voordat die middel beskikbaar word -- baie groter
> as\wat inderdaad op die oomblik die geval is.>>>

Ek dink weereens dat jy na die VSA verwys en nie na die res van die
wye aarde om die VSA nie.

Hei! Ek het al gehoor dat Amerikaners nie weet waar ander dele van die
wereld is nie, maar ek het nie geweet 'n mens tel dit as deel van nuwe
burgerskap daar op nie!

[/color]
> uit my eie oordeel voel ek dit is nodig om 'n treep te trek.>>

Ek weet rerig nie wat [/color]
> voel ek nie dat jy hierdeur oortuig sal wees nie, maar byt vas :-) >>

Ek stem natuurlik saak. Dis makliker en goedkoper om die mens net te
skiet.

[/color]
> fundamentele rede te wees hoekom mens dit nie sal kan doen nie)>>>

Die fundamentele rede is waarskynlik omdat jy dan 'n masjien het en
nie meer die mens nie.
Geen mens sal homself wil vervang nie. Maar die meeste mense sal hulp
verwelkom - van stopsels in hulle tande tot dagboeke om hulle te help
om te onthou.
Die behoud van die die bewussyn is die kern ding.

[/color]
> my Christelike oortuiging sê: nee, beslis nie.>>>

Hoekom?
Reken jy net siele wat spruit uit organiese materiaal gaan hemel toe?
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13128 is 'n antwoord op boodskap #12642] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 08 Mar 1998 22:33:24 +1000, ch...@irc.com.au wrote:
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13129 is 'n antwoord op boodskap #12642] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ch...  is tans af-lyn  ch...
Boodskappe: 18
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Die voortbestaan van die mensdom is lank reeds afhanklik daarvan, nie
> waar nie?
> Om vuur te kan maak, was seker die eerste groot tegnologiese
> deurbraak.
> Daarna seker die wiel.
> Klere was waarskynlik ook 'n reuse deurbraak.
> Skrif en daarna boeke was beslis ook.
>

Dit was seker van die grootste tegnologiese deurbrake, maar die
geskiedenis van Suid-Afrika het weereens bewys dat die mense van Afrika
die tegnologie kan verbeter.Kom ons begin by die wiel - in baie plekke
in SA en Namibia is die wiel al bekend vir 300+ jaar, steeds word 'n
slee in sommige plekke agter 'n gevrekte os aangesleep langs 'n teerpad
en wiele word gebruik om oor 'n arme skaap se skouers getrek te word -
dan word vuur verbeter met 'n paar liter petrol - die skaap aan die
brand gesteek en almal klap dan hande en dans om die nuwe tegnologie te
prys.
Skrif en boeke is iets wat nou al vir 300+ jaar vreeslik geworstel word
om te verstaan - veral wanneer dit by eksamens kom - dan is dit weer
maklike om te sing en dans om die tegnologie te prys.

[color=blue]>
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13130 is 'n antwoord op boodskap #12642] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
:-)))))))))

ch...@irc.com.au wrote in message ...
>> Die voortbestaan van die mensdom is lank reeds afhanklik daarvan, nie
>> waar nie?
>> Om vuur te kan maak, was seker die eerste groot tegnologiese
>> deurbraak.
>> Daarna seker die wiel.
>> Klere was waarskynlik ook 'n reuse deurbraak.
>> Skrif en daarna boeke was beslis ook.
>>
>
> Dit was seker van die grootste tegnologiese deurbrake, maar die
> geskiedenis van Suid-Afrika het weereens bewys dat die mense van Afrika
> die tegnologie kan verbeter.Kom ons begin by die wiel - in baie plekke
> in SA en Namibia is die wiel al bekend vir 300+ jaar, steeds word 'n
> slee in sommige plekke agter 'n gevrekte os aangesleep langs 'n teerpad
> en wiele word gebruik om oor 'n arme skaap se skouers getrek te word -
> dan word vuur verbeter met 'n paar liter petrol - die skaap aan die
> brand gesteek en almal klap dan hande en dans om die nuwe tegnologie te
> prys.
> Skrif en boeke is iets wat nou al vir 300+ jaar vreeslik geworstel word
> om te verstaan - veral wanneer dit by eksamens kom - dan is dit weer
> maklike om te sing en dans om die tegnologie te prys.
>
>> bloedoortapping is. Vigs gaan mense raak wat respek vir hulle self en
> ander mense verloor het. As daar nie 'n teenmiddel gevind kan word nie
> - sal net die sg 'goeie' mense oorbly - die wat die dissipline gehad het
> om nie die salami in elke gat te probeer wegsteek nie. So maw, van
> watter nasies in die wereld gaan die meeste oorbly - dalk van almal,
> maar dit sal die 'goeies' wees.
> As 'n teenmiddel uitgevind word, sal iets anders wel kop uitsteek. Dit
> was nog altyd die storie van Moeder Aarde om iets uit te dink as 'n
> sekere species te veel geword het. Weet nie hoekom jy bekommerd is oor
> arbeid en ekonomie nie. As jy vir elke persoon in Afrika, China (1.4
> biljoen mense) en in Indie dieselfde lewensstandaard wil gee wat jy
> geniet - wat gaan van die wereld oorbly. Gee jy vir helfde van daai
> mense elkeen 'n swembad, 'n flash toilet, 'n sitkamerstel en
> toiletpapier - dan sien jy wat bly oor van jou wonderlike planeetjie.
> Die beste wat jy kan doen is om te daal na die standaarde van die
> meerderheid van mense op die planeet - gee jou swembadjie en
> toiletpapier op en laat Moeder Aarde haar gang gaan. Wil jy dit nog
> erger maak - Amerika maak 6% van die wereldbevolking uit en gebruik 40%
> van die wereld se hulpbronne. Hou jy jou salami uit verkeerde gate uit
> en los die natuur dat dit sy gang gaan, gee jou swembadjie en BMW op en
> koop vir jou 'n bicycle, of dalk is die slee agter die os 'n goeie ding
> op die ou end.
> Budha
>
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13131 is 'n antwoord op boodskap #13103] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hierdie pos raak nou lank so ek gaan baie sny.

dan is die mensdom nou maar eenmaal
>> bokveld toe? Is dit goed? >>>
> Dit 'n realiteit. Dis iets anders as "goed" of "sleg".

My benadring is anders. Ek glo mens moet iets probeer doen.
Mens kan nie maar net sê die mensdom sal daarmee heen
wees nie, en dit so los nie. Die Here het ons verstand gegee
sodat ons dit kan gebruik.

> Dit sal interresant wees om te hoor van iemand wat weet hoe seksueel
> oordraagbare siektes gegroei het voor "moderne tegnologie" dit met
> goed soos antibiotika onder beheer gekry het.
> Ek wil my al herinner dat ek al gelees het dat sifilis in die vorige
> eeue nogal wild versprei het.
> As dit destyds Vigs was, was ons vandag dalk baie minder. Soos na die
> plae in Europa.

Voor die mensdom op tegnologie begin staatmaak het was kultuur
aangedryf deur 'n terugvoerstelsel wat self daarvoor sorg dat
mense so optree dat hulle hul kanse op oorlewing optimeer.

> Baie kulture het vandag 'n moraliteit om seks, ja. Ek die meeste
> (miskien nog almal?) reel die TOELATING daarvan. Nie die VERBOD daarop
> nie.

Hierdie stelling is gemaak vanuit jou persoonlike ervaring as westerling. Dis
'n simtoom van dekadensie (m.a.w. die verval van kultuur) wat konsentreer
op die TOELATING van seks.

> Seks is daar. Seksueel oordraagbare siektes kan dus oorgedra word.

Miskien is daar 'n misverstand hier. Geen kultuur VERBIED seks nie. So kultuur
sal nie lank bestaan nie want daar sal nie kinders wees nie. Maar daar word
morele reels neergele^ van hoe, wanneer en tussen wie seks mag plaasvind.

> Om die storie kort te sny: My punt is dat seks 'n primere drang is en
> dat dit bykans onmoontlik is om dit te polisie"er. Veral as jy 'n oop
> demokrasie wil he waar eie keuse en eie verantwoordelikheid vir jou
> dade aangemoedig word. En dit lyk asof ons wereld se ekonomiese
> onderbou dit vir nog 'n lang tyd gaan vereis - die vryheid van
> optrede.

Die terme "polisieer", "demokrasie" en "ekonomie" toon 'n
beklemtoning van westerse kulture. Let daarop dat die
gesprek hier nie net oor westerse kulture gaan nie. In die
algemeen word kulturele reels NIE toegepas deur 'n
meganisme van polisiering nie. Dis sosiale reels en mense
gehoorsaam dit bloot omdat hulle sosiaal aanvaarbaar wil
wees. Dit het niks met ekonomie en/of demokrasie (in die
westerse sin) te doen nie.

Wat die "seks is 'n primere drang" aan betref die volgende.
Binne elke kultuur is daar meganismes om hierdie primere
drang te bevredig sonder om die morele reels te oortree.
Verder is die drang na sosiale aanvaarding (of wat ookal
verantwoordelik is vir die bestaan van kulture) ook 'n sterk drang
wat daartoe instaat is om primere drange te kan neutraliseer.
Wanneer daar baie sterk instinkte by die mens bestaan, soos
seks, ontwikkel die kultuur meganismes om uiting te gee aan
hierdie drange sonder om die moraliteit van die kultuur te
versteur.

> Van 'n ander kant gesien: Is dit enigsins moontlik om sosiale
> dinamieke rondom iets so sterk soos [s]eks van staatskant te beheer?

Dis 'n denkfout om te beweer dat moraliteit deur die staat
geimplimenteer en "gepolisieer" moet word. In 'n gesonde
kultuur ontstaan dit spontaan en word dit vanself deur die
gemeenskap op sosiale vlak onderhou. Die verskynsel dat
morele reels in wette vasgele^ word is tot 'n mate ongewens
en word as "institutionalization" (vertaling?) gesien. Dit
verwyder en verhef hierdie reels bo die gemeenskap en
die kultuur. Die gevolg is dat die nie meer dinamies
verander soos die oortuigings van die gemeenskap
verander nie.

> Maar se my, is dit net die tegnologiese hantering van Vigs wat jou
> pla, of it dit vir alle siektes?
> Het jy stopsels in jou mond?
> Is jy ingeent teen siektes?
> As daar 'n inenting teen Vigs bemark word, sal jy jou laat inent?

Ek het reeds in 'n vorige boodskap gesê dat ek nie in
beginsel teen tegnologie is nie.

> Hel, die ontwaking van seksualiteit is waarskynlik die grootste
> gebeurtenis in die lewe van die meeste mense!
> Dit het onder meer waarskynlik gelei tot literatuur!!!

Aarde Ferdi! dink jy nie jy is besig om bietjie baie aan
seks toe te skryf nie ;-)

Ja dit is 'n sterk instink, maar soos ek hierbo verduidelik
is kultuur net so sterk.

> Kultuur en moraliteit vereis 'n stabiele samelewing. Een waarin daar
> keuses moontlik is, keuse being die operatiewe ding van moraliteit.
> En 'n stabiele samelewing vereis 'n ekonomiese fondament.
> Waar 1000 mense daagliks moet meeding vir kos wat net 100 kan voed, is
> daar nie 'n stabiele samelewing nie. En stort konvensionele moraliteit
> baie vinnig in duie.

Alweer die duidelike klem op moderne westerse samelewings. Dinge
werk eenvoudig nie so in alle kulture nie. Mens kan stabiele kulture
he^ wat nog nooit eers gehoor het van so iets soos 'n ekonomie nie.
Die verskynsel van hongersnood is iets waarop die kultuur as
meganisme reageer. Dis om die waarheid te sê baie interessant
om deur die prehistoriese geskiedenis van die mens te sien hoe daar
"faseoorgange" plaasgevind het in hoe kulture funksioneer sodra
die bevolkingdigthede groter geword het as wat gevoed kan word
met 'n sekere tipe kultuur. Op die manier het kulture ontwikkel van
"hunter-gatherers" na kulture wat self plant en saai en diere
aanhou. Hierdie oorgange het plaasgevind lank voordat die konsep
van geld uitgedink is.

Om te sê dat 'n kultuur 'n stabiele samelewing vereis is om die kar
voor die perde te span. Dis eerder andersom: 'n stabiele samelewing
benodig 'n kultuur.

> nie, weet jy?

Siende dat hulle so dekandent is en so op tegnologie staatmaak is
dit glad nie onmoontlik nie.

Stef
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #13166 is 'n antwoord op boodskap #13131] Ma, 09 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 8 Mar 1998 15:57:54 GMT, ro...@physics.utoronto.ca wrote:

'n simtoom van dekadensie (m.a.w. die verval van kultuur) wat konsentreer[/color]
> op die TOELATING van seks. >>

Se jy dat dekadensie in 'n kultuur verbind is aan die vryer
"toelating" van seks as wat voorheen die geval was?

algemeen word kulturele reels NIE toegepas deur 'n[/color]
> meganisme van polisiering nie. >>>

Natuurlik word dit!
Die polisiering word net deur mense gedoen wat nie uniform dra nie!
Of dit nou ou anties van die dorpie is of die priester of die mense in
die straat wat die oortreder aanstaar en vermy of beskinder of wat
ookal, dis morele polisiering.

Die sterkste polisiering teen seks oor die "kleurlyn" in die wit
gemeenskap in apartheid SA was nie soseer die polisie nie, maar eerder
die "skande" wat die wit gemeenskap daaraan geheg het.

So het Beyers Naude bv al vertel van die "harde tyd" wat hy deurgemaak
het toe die Afrikaner-gemeenskap hom uitgewerp het vanwee sy morele
standpunt oor apartheid.

kultuur ontstaan dit spontaan en word dit vanself deur die[/color]
> gemeenskap op sosiale vlak onderhou. >>

...wat die staat genoem word.

> gebeurtenis in die lewe van die meeste mense![/color]
>> Dit het onder meer waarskynlik gelei tot literatuur!!!
>
> Aarde Ferdi! dink jy nie jy is besig om bietjie baie aan
> seks toe te skryf nie ;-)>>

Gaan lees 'n versameling van digters en dan praat ons weer.

Wat is daai een nou weer van "Why do men go to war?"
..."Because the women are watching."

Dis seks.
Seks in die sin van die aantrekking tussen die twee geslagte, die
romantiek en passie wat dit by ons opwek.
Die seksdaad is die uiteinde van die hele proses. Die proses is lank
en ingewikkeld. (En baie aangenaam.)

he^ wat nog nooit eers gehoor het van so iets soos 'n ekonomie nie.>>[/color]

Natuurlik het hulle 'n ekonomie!
Dis dalk nie een wat uiting vind in westerse banke en aandelemarkte
nie, maar dit is 'n ekonomie.
Met ander woorde die reeling van die verspreiding van kos, ruilmiddele
en die mag wat gepaard gaan met 'n oorvoorsiening van lewensmiddele
aan een mens of groepie wat dit dan kan uitdeel as "patronage" aan
andere wat hulle dan "skuld" en so aan.

>[/color]

Ja, Dit stor gewoonlik in duie. Primere magstrukture ontwkkel dan
gewoonlik in die vorm van "war lords" en nie veel meer nie.

van geld uitgedink is.>>[/color]

Daar was geld. Dalk nie gedrukte of gemunte geld nie. Maar daar was
geld. Dalk in die vorm van 'n skaap of 'n hoender of so iets. Maar
geld. Waar 'n hoender vir mielies geruil word, is die hoender en die
mielies die geld.

voor die perde te span. Dis eerder andersom: 'n stabiele samelewing[/color]
> benodig 'n kultuur.>>

Ek verskil. Ek reken mense wil eers iets te eet he. Eers daarna wil
hulle dan liedjies sing.

[/color]
> Jy kan nie sê: stad = gemeenskap. Daar is baie
> gemeenskappe in Pretoria. As jy byvoorbeeld
> gaan kyk na waterkloof kry jy miskien 'n gemeenskap
> wat redelik in hul natuurlike stand leef. Gaan kyk egter
> in Mamelodi en dan kry jy 'n gemeenskap wat hard
> probeer om weer 'n kultuur te vorm uit die skerwe wat
> oor is van hul oorspronklike kultuur.>>

OK. Wat is 'n Natuurlike Staat van 'n kultuur - gesien dat kulture
gedurig verander?

nie. Die gevolgtrekking is dat dit inderdaad kultuur is wat[/color]
> sy krag hier laat wys>>

Die siekte is steeds daar. Dit word nie weggevat deur "kultuur" nie.
In elk geval is daar mense wat nie optimisties soos jy is oor die
afname/toename van Vigs nie.
In SA neem dit nogal vinnig toe. So ook in lande soos Indie" en die
Ooste.

>[/color]

Weer reken jy dat tegnologie gelyk is aan dekadense (hoewel jy iewers
hier bo gelyk het of jy dit gelykstel met die vryer toelating van
seks).

Ek verskil. Ek reken tegnologie was nog altyd en is steeds deel van
die mens se kultuur en beskawing. Dit sal waarskynlik ook altyd wees.
Ons vermoe on instrumente te gebruik definieer ons as 'n soort - dus
ons neiging tot tegnologie. Ons is tegnologiese wesens. (Tegnologie
"being" die praktiese toepassing van wetenskaplike insigte.
Wetenskaplike insigte being die vermoe om kousaal te sien hoekom
sekere dinge gebeur. Redelikheid dus. Moraliteit - wat vir my na 'n
exercise van die rede lyk - groei dus ook daaruit, lyk dit my.)

Wat ons nou het, is NUWE tegnologie. Nog 'n golf van nuwe deurbrake.
Dis waarskynlik 'n storie so oud soos die mensdom - die een van golwe
van tegnologiese deurbrake. Ons is in die middel van 'n nuwe een nou
met rekenaars en genetiese manipulasie. Net soos die telefoon,
vliegtuie, geboortebeperking en so aan voorheen die maniere verander
het hoe ons met mekaar skakel en ons ons omgewing bekyk en beredeneer,
net so gaan hierdie golf dit ook doen. In fact - is dit reeds besig om
dit te doen. Hierdie forum is seker die beste bewys hiervan.

Dis nie noodwendig dekadent nie.
Vir my is dekandensie wanneer die kern aangetas word van dit wat ons
as 'n "beskawing" voortdryf.
En beskawing het vir my baie te doen met wedersydse respek tussen
mense.
Die tegnologie op sy eie raak nie daaraan nie.
Net mense se ingesteldheid en optrede raak daaraan.
Tegnologie OP SY EIE is neutraal.
Mense kan tegnologie gebruik om respek af te breek - bv. in die
aanwending van bomwerpers om 'n ander gemeenskap te verneder - of
tegnologie kan gebruik word om mense waardigheid te gee of hulle dit
te laat behou - soos byvoorbeeld deur mense wat aan Alzheimer of Vigs
of wat ookal lei, gesonder te maak en hulle toe te laat om met
waardigheid hul lewens uit te leef.
Vorige onderwerp: Die Spinner
Volgende onderwerp: klapperkop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 23:12:25 MGT 2024