| matras [boodskap #130029] |
Do., 27 Februarie 2020 18:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Matras wat op die grond lê.
matras
Afbreking: ma•tras
Uitspraak: /maˈtras/
Selfstandige naamwoord: matras
Meervoud: matrasse
Verkleinwoord: matrassie
Meervoud van verkleining: matrassies
Betekenis:
• 'n Sagte bedsak (met vere, klapperhare, skuimrubber of 'n ander stof gevul) wat op 'n bed lê en die liggaam ondersteun.
Gebruik:
• Omdat hy so swaar was het hy sy matras vinnig deurgelê.
Hiponiem:
• dubbelbedmatras
• enkelbedmatras
• opblaasmatras
• verematras
• watermatras
Afgelei:
• matrasbeskermer
• matrasgoed
• matrasoortreksel
Vertaling:
Engels: mattress
Nederlands: matras
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|