Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skorriemorrie
skorriemorrie [boodskap #130020] Do., 27 Februarie 2020 05:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24235
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skorriemorrie
Afbreking: skor•rie•mor•rie
Samestelling: skorrie + morrie


Selfstandige naamwoord: skorriemorrie
Meervoud: skorriemorries

Betekenis:
• Persoon van twyfelagtige karakter; 'n lae klas mens.

Gebruik:
• Die skorriemorrie wat help dak opsit het, het egter ander bedoelings met sy vrou gehad.

Sinoniem:
• gepeupel
• gespuis
• gomtor
• hoipolloi
• skollie
• skuim
• uitvaagsel

Vertaling:
Engels: hoi polloi, lowlife, riff-raff, rabble
Nederlands: schorriemorrie

Nota:
• Iemand wat aan die groep van skorries en morries behoort.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: egoïs
Volgende onderwerp: ekstremis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 29 10:22:20 UTC 2025