Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Groente Tert
Groente Tert [boodskap #13] So, 20 Mei 2018 08:45
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
GROENTE TERT

100 g rou skulpnoedels
125 g spekvleis in stukkies gesny
70 g bevrore gemengde groente
½ kop pitmielies
swartpeper
500 ml melk
3 ml droë basielkruid
1 pakkie (60 g) uiesoppoeier
5 ml franse mostert
30 ml suurlemoensap
125 ml gerasperde cheddar kaas
3 eiers, geskei

Voorverhit oond tot 180 °C.
Kook die noedels in vinnig kokende soutwater tot net sag. Dreineer.
Braai die spekvleis tot gaar.
Maak die groente gaar: Plaas sommer in 'n glasbak en bedek met Glad Wrap , prik die plastiek met 'n vurk en mikrogolf vir 8 9 minute. Skud die groente 'n paar maal tydens die gaarmaakproses. (Groente hoef nie eers ontvries te word nie)

Gooi gaar groente, pitmielies en noedels in 'n bak, ('n oval pirex bak is net groot genoeg). Geur na smaak met swartpeper.

Meng 'n bietjie van die melk met die uiesoppoeier tot 'n gladde pasta. Verhit die res van die melk saam met die basielkruid 2 minute lank in mikrogolfoond. Voeg by uiesoppasta en meng goed. Mikrogolf sowat 5 minute lank tot die sous kook en verdik. Geur die sous met die franse mostert en suurlemoensap. Voeg ook cheddar kaas by en meng goed. Laat effens afkoel. Klits eiergele effens en meng by die uiesopmengsel. Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou met 'n metaallepel by die uiesopmengsel in.
Giet twee derdes van die sous oor die groente en meng liggies. Sprinkel spekvleis oor en giet die res van die sous oor.
Bak sowat 30 minute of tot die bokors goudbruin en uitgepof is.
Dien dadelik op. Hierdie is heerlik saam met braaivleis of kan ook as 'n ligte maal bedien word.
Vorige onderwerp: Groente Kerrie
Volgende onderwerp: Hawermputplaatkoekies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 23:29:08 MGT 2024