| kansel [boodskap #129919] |
Sa., 22 Februarie 2020 06:12 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24163 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die kansel van die Groote Kerk in Kaapstad.
kansel
Afbreking: kan•sel
Selfstandige naamwoord: kansel
Meervoud: kansels
Verkleinwoord: kanseltjie
Meervoud van verkleining: kanseltjies
Betekenis:
• Die plek vanwaar 'n predikant preek. Meubelstuk in 'n kerk vanwaar die dominee die diens lei.
Gebruik:
• Die muur agter die kansel loop skerp na bo, wat die kerkganger se aandag hemelwaarts lei.
Sinoniem:
• preekstoel
Afgelei:
• kanselkleed
• kanselruimte
Vertaling:
Engels: pulpit
Nederlands: kansel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|