| gemeen [boodskap #129899] |
Do., 20 Februarie 2020 19:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24158 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gemeen
Afbreking: ge•meen
Byvoeglike naamwoord: gemeen
Vergrotende trap: gemener
Oortreffende trap: gemeenste
Attributief: gemene
Partitief: gemeens
Betekenis:
• Bedoel om te benadeel of seer te maak.
• Wat gemeenskaplik is.
Gebruik:
• Soms is hy opsetlik gemeen en onvriendelik. Hy is 'n gemene vent!
• Ons het niks met hulle gemeen nie.
Vertaling:
Engels: wicked, vile, vulgar; common
Nederlands: gemeen
Nota:
• Die uitdrukking "in gemeen" (in common) is anglisisties.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|