| tekenaap [boodskap #129876] |
Di., 18 Februarie 2020 19:06 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Tekenaap waarmee 'n prentjie afgeteken word.
tekenaap
Afbreking: te•ken•aap
Selfstandige naamwoord: tekenaap
Meervoud: tekenape
Betekenis:
• Gereedskap in die vorm van 'n parallelogram waarmee 'n figuur kleiner of groter oorgeteken word.
Gebruik:
• Gebruik jou tekenaap om die figuur proporsioneel te verklein.
Sinoniem:
• pantograaf
Vertaling:
Engels: pantograph
Nederlands: tekenaap, pantograaf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|