| telegrambesteller [boodskap #129807] |
Sa., 15 Februarie 2020 09:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24181 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
telegrambesteller
Afbreking: te•le•gram•be•stel•ler
Samestelling: telegram + besteller
Selfstandige naamwoord: telegrambesteller
Meervoud: telegrambestellers
Verkleinwoord: telegrambestellertjie
Meervoud van verkleining: telegrambestellertjies
Betekenis:
• (verouderd) Iemand wat telegramme aflewer.
Gebruik:
• Die telegrambesteller klop aan die deur met die goeie tyding dat die inwoners 'n kleinseun ryker is.
Verwant:
• briewebesteller
Vertaling:
Engels: telegram carrier
Nederlands: telegrambesteller
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|