| regter [boodskap #129786] |
Vr., 14 Februarie 2020 07:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27024 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
regter
Afbreking: reg•ter
Selfstandige naamwoord: regter
Meervoud: regters
Verkleinwoord: regtertjie
Meervoud van verkleining: regtertjies
Betekenis:
• 'n Lid van 'n regbank wat 'n oordeel vel. Die persoon wat 'n saak in die hooggeregshof verhoor.
Gebruik:
• Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê. [Lukas 18:6]
Hiponiem:
• appèlregter
• hersieningsregter
• hoofregter
• kinderregter
• mederegter
• ondersoekregter
• oudregter
• strafregter
Afgelei:
• regterlik
• regtersamp
• regterskap
• regterstoel
Vertaling:
Engels: judge, justice
Nederlands: rechter
Selfstandige naamwoord: regter
Meervoud: regters
Betekenis:
• 'n Hou met die regterhand; regterhou.
• Iets wat aan die regterkant is (in samestellings).
Gebruik:
• Hy gee hom 'n linker, toe 'n regter, waarna sy opponent teen die toue steier.
Antoniem:
• linker
Afgelei:
• regterarm
• regterbeen
• regterboarm
• regterdy
• regterelmboog
• regterhaakhou
• regterhand
• regterhou
• regterkant
• regterknie
• regteroog
• regteroor
• regterskouer
• regterstuur
• regterstut
• regtersy
• regtervleuel
• regtervoet
• regtervuis
Vertaling:
Engels: a right
Nederlands: rechter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|