Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Soek werk... plaaswerk asb!  () 1 stem
Soek werk... plaaswerk asb! [boodskap #129761] Wo, 12 Februarie 2020 15:40
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ek soek werk... plaaswerk asb!

Ek het ervaring in:
* Die verkeerde perd opsaal,
* Te veel hooi op die vurk laai,
* 'n Eiertjie lê,
* Jong osse inspan en Katte skiet.
* Dan kan ek ook ou koeie uit die sloot grawe en met die hele mandjie patats uitkom.
* Ek sal deur die wingerd loop met wingerdgriep en die wrange vrugte pluk.
* Vroeg smôrens sal ek die room afskep, en op eiers loop.
* Ek kan natuurlik ook balke saag, twak verkoop, appels swaai, en jou wys waar Dawid die wortels gegrawe het.
* My spesialiteit is om pêrels voor die swyne te werp en met 'n ander man se kalwers te ploeg.
* Ek sal saam met die hoenders gaan slaap!
* Ek sal vir jou die bul by die horings pak.
* My weiveld ondervinding is om vir Wolf skaapwagter te maak en ook om agteros in die kraal te kry na dit by Daantjie in die kallerhok was.
* Ek kan skape tel.
* Ek kan die dam onder die eend uitruk, en ek kan hond haar afmaak.
* Ek is 'n perd van 'n ander kleur, ouens soos ek is so skaars soos hoendertande.
* Ek werk vir 'n appel en 'n ui!

Laat weet my asseblief spoedig.

Ek kan enige tyd begin, net nie hierdie Saterdag nie, Jakkals het my genooi vir sy troue.
Hy trou met Wolf se vrou.

Baie dankie.
Jan
Vorige onderwerp: Diefstal
Volgende onderwerp: Rook
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 09:30:54 MGT 2024