| kwartiermeester [boodskap #129727] |
Ma., 10 Februarie 2020 07:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26026 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
kwartiermeester
Afbreking: kwar•tier•mees•ter
Samestelling: kwartier + meester
Selfstandige naamwoord: kwartiermeester
Meervoud: kwartiermeesters
Verkleinwoord: kwartiermeestertjie
Meervoud van verkleining: kwartiermeestertjies
Betekenis:
• 'n Offisier wat na die kwartiere (huisvesting vir soldate) omsien en vir die voorsiening van voorrade sorg.
Gebruik:
• Ons gaan binnekort uit koeëls loop; waar is die kwartiermeester as 'n mens hom nodig kry?
Afgelei:
• kwartiermeester-generaal
Afkorting:
• KM
Vertaling:
Engels: quartermaster
Nederlands: kwartiermeester
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|