| kruidenier [boodskap #129720] |
So., 09 Februarie 2020 17:42 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Kruidenier en 'n klant in 'n kruidenierswinkel.
kruidenier
Afbreking: krui•de•nier
Selfstandige naamwoord: kruidenier
Meervoud: kruideniers
Verkleinwoord: kruideniertjie
Meervoud van verkleining: kruideniertjies
Betekenis:
• 'n Plek wat kruideniersware (soos koffie, tee, suiker, rys, ens.) verkoop.
• 'n Winkelier wat kruie en ander kombuisware verkoop.
Gebruik:
• Ons kruidenier hou omtrent net melk en brood aan.
• Watter soort kruidenier hou nie biltong aan nie?
Afgelei:
• kruideniersware
• kruidenierswinkel
Vertaling:
Engels: grocer
Nederlands: kruidenier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|