Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » generaal
generaal [boodskap #129703] So, 09 Februarie 2020 07:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
generaal
Afbreking: ge•ne•raal


Selfstandige naamwoord: generaal
Meervoud: generaals
Verkleinwoord: generaaltjie
Meervoud van verkleining: generaaltjies

Betekenis:
• 'n Hoë offisier wat in bevel van 'n leër is. Die hoogste militêre rang, bokant die van kolonel.

Gebruik:
• Die koning roep sy generaals byeen om die komende veldtog te bespreek.

Afkorting:
• genl.

Afgelei:
• adjudant-generaal
• advokaat-generaal
• administrateur-generaal
• direkteur-generaal
• generaal-majoor
• goewerneur-generaal
• inspekteur-generaal
• kapelaan-generaal
• kommandant-generaal
• kwartiermeester-generaal
• landmeter-generaal
• luitenant-generaal
• ouditeur-generaal
• posmeester-generaal
• prokureur-generaal
• sekretaris-generaal

Vertaling:
Engels: general
Nederlands: generaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geldskieter
Volgende onderwerp: handlanger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 01:21:59 MGT 2024