Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verkeerde pot waarop jy sit ...
Verkeerde pot waarop jy sit ... [boodskap #12966 is 'n antwoord op boodskap #12967] Sa, 28 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Ek opper beswaar teen die feit dat jy
| van die "gewone Afrikaner oogklappe"
| praat. Nou begin jy jou gal braak op
| die "Afrikaner." Daar was duisende en
| duisende Afrikaners wat nie met
| oogklappe rondgeloop het nie

...en miljoene het wel. Die hele land se Afrikaners het rustig geleef en
slegs 'n minderheid was ekstreem. Ek sê nie ons was reg nie, Gloudina,
maar ek het nog altyd volgens my gewete geleef en ek is tevrede met my
sieninge wat ek nog altyd gehad het volgens die insette wat in elke
tydgleuf vir my beskikbaar was. In dieselfde omstandighede sal ek weer
dieselfde sieninge handhaaf.

, wat gesien
| het dat 'n sekere soort Afrikaner begin
| heul het met riff-raff

klink of jy praat van die Karel Niehause en Jill Marcusse van die lewe

en 'n reign of
| terror in Suid-Afrika bewerkstellig het.
| Sommige, soos Bram Fischer, het hulle
| lewe afgel^e in diens van die waarheid.

... so edel ...!

| Sommige soos Beyers Naude het met geloof
| dat die reg en die waarheid altyd sal
| se"evier sy dae onder huisarres deurge-
| bring.

En voor die kommisie jammer gesê vir wat hy gedoen het. Ons moes dus aflei
dat hy ook maar dink hy was al die tyd verkeerd - het nooit volgens sy eie
oortuigings gehandel nie - ander sal dit mos nie nodig wees om jammer te sê
nie.

Sommige van ons het SA verlaat. ... so stert tussen die bene ....

Dankie tog, die land was defnitief 'n beter plek vir die van ons wat daar
agtergebly het.

| Goddank, jou tipe "Afrikaner" sal nooit
| weer in kontrole wees nie.

Hier het jy al weer 'n idee aan die verkeerde stert beet! Maar ek het dit
geniet om jou siel so uit te trek, en tot jy begin mooi dinge sê en
positief word, gaan ek aanhou om jou op jou menige foutiewe redenasies te
wys.

Kom ek vertel jou nou mooi waar ek staan -
Ek haat geen ander ras nie.
Ek is 'n teestaander van die huidige regering in SA.
Ek dink swart mense in die algemeen kan nie die verantwoordelikhede van 'n
westerse tipe regering aan voldoen nie, tyrwyl hulle al die voordele
daarvan wil geniet.
Ek is bly die bewind van die vorige regime is in SA be-eindig.
Ek is bly dat ons uiteindelik van die "oogklap lewe" van die NP bewind kon
ontsnap, hoewel die lewe wat ons toe gehad het lekker was (ignorance is
bliss).
Ek het JA gestem in die referendum wat al die veranderinge in die land
versnel het.
Ek dink ek is minder van 'n rassis as jy, Gloudina. Jy het reeds aan ons
bewys met vorige skrywes dat jy die paar nie-blankes in Kanada pertinent so
raaksien dat jy dink hulle is sommer baie meer.

Vertel ons bietjie meer van jouself, Gloudina - ek daag jou uit om die
waarheid te vertel.

Nico
Re: Verkeerde pot waarop jy sit ... [boodskap #12967 is 'n antwoord op boodskap #12966] Sa, 28 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes: > |

> Vertel ons bietjie meer van jouself, Gloudina - ek daag jou uit om die
> waarheid te vertel.
>
> Nico

OK, Nico. Een van die belangrikste dinge
wat jy van my behoort te weet is dat ek
die Afrikaanse onderwyseres was van
Pius Langa, nou een van die lede van die
Konstitusionele Hof in Suid-Afrika, van
Stella Sigcau, 'n minister in Mandela
se kabinet, en van Sameul Zondi, nou hoof
van die Pietermaritzburgse Technikon.
Sameul was so slim in Wiskunde dat hy
in Standerd Ag (nou seker graad tien)
al Universiteits-Wiskunde bestudeer het.
'n Groot deel van my is dus bel^e in SA
en dit dra nou vrug. Wat bel^e jy in SA?

Gloudina.
Re: Verkeerde pot waarop jy sit ... [boodskap #12982 is 'n antwoord op boodskap #12967] So, 01 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Net toe ek dink ons wen en gaan interesante Afrikaanse kultuur bespreek en
so aan, val jy nou uit met hierdie bitsigheid.

Maar nou ja, dis mooi dat jy so hard belê het en jammer dat jy opgehou het.

Ek belê so min as moontlik in die land - ek is op 'n "survival against all
odds" pad. Ek het darem al in my lewe ook al 'n hele paar swartes as
rekenaar programmeerders opgelei en meeste van hulle kom gereeld terug om
te gesels en te kom sê hoe hulle doen. Hulle name is nou nog nie famous
nie. Die naaste wat een gekom het, was om die uitdunne te haal as Mr
Carlton, maar dit had natuurlik niks te doen met die rekenaarkennis wat ek
aan hom kon gee nie.

Ek had op 'n keer kontak met 'n ouerige dame wat ook Afrikaans aan swartes
geleer het - haar net geken as tannie Pauline. Het jy haar dalk ooit
ontmoet? Waar het jy skool gegee?
--
Nico
("Relax! ... my ou .... !" - Wie het dit gesê?)

@igs.net wrote in article ...
|
| OK, Nico. Een van die belangrikste dinge
| wat jy van my behoort te weet is dat ek
| die Afrikaanse onderwyseres was van
| Pius Langa, nou een van die lede van die
| Konstitusionele Hof in Suid-Afrika, van
| Stella Sigcau, 'n minister in Mandela
| se kabinet, en van Sameul Zondi, nou hoof
| van die Pietermaritzburgse Technikon.
| Sameul was so slim in Wiskunde dat hy
| in Standerd Ag (nou seker graad tien)
| al Universiteits-Wiskunde bestudeer het.
| 'n Groot deel van my is dus bel^e in SA
| en dit dra nou vrug. Wat bel^e jy in SA?
|
| Gloudina.
|
|
Re: Verkeerde pot waarop jy sit ... [boodskap #13010 is 'n antwoord op boodskap #12967] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Nico" writes: > |

>> Vertel ons bietjie meer van jouself, Gloudina - ek daag jou uit om die
>> waarheid te vertel.
>>
>> Nico

> OK, Nico. Een van die belangrikste dinge
> wat jy van my behoort te weet is dat ek
> die Afrikaanse onderwyseres was van
> Pius Langa, nou een van die lede van die
> Konstitusionele Hof in Suid-Afrika, van
> Stella Sigcau, 'n minister in Mandela
> se kabinet, en van Sameul Zondi, nou hoof
> van die Pietermaritzburgse Technikon.
> Sameul was so slim in Wiskunde dat hy
> in Standerd Ag (nou seker graad tien)
> al Universiteits-Wiskunde bestudeer het.
> 'n Groot deel van my is dus bel^e in SA
> en dit dra nou vrug. Wat bel^e jy in SA?

> Gloudina.

Hmmm... Ek het nie een van jou genoemde "dele" nog ooit hoor Afrikaans praat
nie, Gloudina. Inteendeel, die indruk is eerder dat hulle hul be-ywer vir
die afskaffing daarvan in die openbare lewe.

As ek jy was sou ek hulle in elk geval geen prominensie gee op my CV as
voorbeelde van die sukses van my onderwys nie. Mense mag dalk juis die
indruk kry dat my leerlinge nie veel kundigheid in of liefde vir my vak
verwerf het nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Verkeerde pot waarop jy sit ... [boodskap #13037 is 'n antwoord op boodskap #12967] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>
>> OK, Nico. Een van die belangrikste dinge
>> wat jy van my behoort te weet is dat ek
>> die Afrikaanse onderwyseres was van
>> Pius Langa, nou een van die lede van die
>> Konstitusionele Hof in Suid-Afrika, van
>> Stella Sigcau, 'n minister in Mandela
>> se kabinet, en van Sameul Zondi, nou hoof
>> van die Pietermaritzburgse Technikon.
>> Sameul was so slim in Wiskunde dat hy
>> in Standerd Ag (nou seker graad tien)
>> al Universiteits-Wiskunde bestudeer het.
>> 'n Groot deel van my is dus bel^e in SA
>> en dit dra nou vrug. Wat bel^e jy in SA?
>
>> Gloudina.
>
>
> Hmmm... Ek het nie een van jou genoemde "dele" nog ooit hoor Afrikaans praat
> nie, Gloudina. Inteendeel, die indruk is eerder dat hulle hul be-ywer vir
> die afskaffing daarvan in die openbare lewe.
>
> As ek jy was sou ek hulle in elk geval geen prominensie gee op my CV as
> voorbeelde van die sukses van my onderwys nie. Mense mag dalk juis die
> indruk kry dat my leerlinge nie veel kundigheid in of liefde vir my vak
> verwerf het nie.
>
> Vriendelike groete, Leendert


Wel Leendert, sal jy my 'n guns doen
en vir my vertel presies waarom jy
hierdie aantygings maak. Onthou net,
Sameul Zondi was selfs gedurende die
apartheidsjare aangestel in belangrike
posisies: Op die Margo Kommissie in
1986 om die belastingstruktuur te
hersien, in 1992 op die Nasional
Transport Commission. Ek dink nie
hy sou hom eintlik oor Afrikaans
uitgelaat het nie. Pius Langa het
seker sy plek op die Konstitusionele
Kommissie gekry weens sy kennis van
daardie soort wet. So daar bly nog
net Stella oor. So vertel my 'n
bietjie, wat het hulle gedoen om
Afrikaans te bedreig? Die regte
oorsaak van die bedreiging van
Afrikaans was die dade van die
apartheidsvarke. Dis hulle wat die
bed gemaak het waarin jy nou moet
gaan slaap.

Gloudina
Re: Verkeerde pot waarop jy sit ... [boodskap #13040 is 'n antwoord op boodskap #12967] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Wel Leendert, sal jy my 'n guns doen
> en vir my vertel presies waarom jy
> hierdie aantygings maak.

a) Jy suggereer dat die Afrikaansonderrig wat jy aan hierdie mense verskaf
het deurslaggewend was in die posisies wat hulle bereik het, of dat dit op
die een of ander manier nou tot voordeel van die samelewing is (wat sou jy
anders bedoel met "belegging"?)

> Onthou net,
> Sameul Zondi was selfs gedurende die
> apartheidsjare aangestel in belangrike
> posisies: Op die Margo Kommissie in
> 1986 om die belastingstruktuur te
> hersien, in 1992 op die Nasional
> Transport Commission. Ek dink nie
> hy sou hom eintlik oor Afrikaans
> uitgelaat het nie.

b) Op water wyse het die Afrikaans wat hy by jou geleer het hiertoe
bygedra?

> Pius Langa het
> seker sy plek op die Konstitusionele
> Kommissie gekry weens sy kennis van
> daardie soort wet.

c) Het hy "daardie soort wet" ook by jou geleer?

> So daar bly nog
> net Stella oor. So vertel my 'n
> bietjie, wat het hulle gedoen om
> Afrikaans te bedreig?

Net in die afgelope week of wat - Gaan lees gerus die e-Beeld oor die
beoogde afskaffing van Afrikaans in die howe en die parlement - waar
Stellatjie as kabinetslid mede-verantwoordlik is. Dan praat ons nog nie eens
van Telkom en SAA nie - Stellatjie se besondere verantwoordelikheid, en
lankal reeds voltrek.

> Die regte
> oorsaak van die bedreiging van
> Afrikaans was die dade van die
> apartheidsvarke. Dis hulle wat die
> bed gemaak het waarin jy nou moet
> gaan slaap.

As dit die skuld van die "apartheidsvarke" is dat Engels toenemend afgedwing
word as die enigste taal vir amptelike gebruik moet ek aanneem dat jy
daarmee wil beweer dat dit ook die apartheidsvarke is wat daarvoor blameer
moet word dat Engels die enigste ampstaal is in Nigerië, Frans in Ivoorkus
en Portugees in Angola?

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Uitdaging aan Gloudina!
Volgende onderwerp: Mandela en sy State Award
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 05:55:09 MGT 2024