| afsitter [boodskap #129649] |
Wo., 05 Februarie 2020 18:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24169 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Afsitter met 'n afsitpistool.
afsitter
Afbreking: af•sit•ter
Samestelling: afsit + -er
Selfstandige naamwoord: afsitter
Meervoud: afsitters
Verkleinwoord: afsittertjie
Meervoud van verkleining: afsittertjies
Betekenis:
• Iemand wat atlete of perde by 'n wedren laat wegspring.
Gebruik:
• Die skare juig toe die afsitter die wedloop met 'n klipharde skoot begin.
Sinoniem:
• seingewer
• tekengewer
Hiperoniem:
• baanbeampte
Vertaling:
Engels: starter, initiator
Nederlands: vertreksein, startschot
Nota:
• 'n "Afsitter" is die ou wat die skoot skiet om 'n wedloop te begin; 'n "afsetter" is 'n bedrieër.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|