| welsand [boodskap #129645] |
Wo., 05 Februarie 2020 07:47 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24187 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
welsand
Afbreking: wel•sand
Samestelling: wel + sand
Selfstandige naamwoord: welsand
Meervoud: welsande
Betekenis:
• Sand wat met water versadig is en waarin alles wat daarop druk uitoefen in wegsak.
Gebruik:
• As dit voel asof welsand jou insuig, moenies spartel nie en leun stadig agteroor tot jy op jou rug dryf.
Sinoniem:
• dryfsand
• loopsand
• vlugsand
• wilsand
Vertaling:
Engels: quicksand
Nederlands: drijfzand
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|