| konstellasie [boodskap #129597] |
So., 02 Februarie 2020 15:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24212 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Klassieke weergawe van Orion.
konstellasie
Afbreking: kon•stel•la•sie
Selfstandige naamwoord: konstellasie
Meervoud: konstellasies
Verkleinwoord: konstellasietjie
Meervoud van verkleining: konstellasietjies
Betekenis:
• 'n Groep sterre wat 'n patroon in die naghemel vorm, maar anders nie enige verband met mekaar het nie.
Gebruik:
• Die Jagter of Orion is 'n konstellasie op die hemelewenaar wat oral ter wêreld te sien is.
Sinoniem:
• sterrebeeld
Verwant:
• gesternte
• gewelf
• sterrehemel
• uitspansel
Vertaling:
Engels: constellation
Nederlands: constellatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|