| woordeskat [boodskap #129507] |
Ma., 27 Januarie 2020 20:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24140 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
woordeskat
Afbreking: woor•de•skat
Samestelling: woorde + skat
Selfstandige naamwoord: woordeskat
Meervoud: woordeskatte
Betekenis:
• Al die woorde wat in 'n taal voorkom.
• Die woorde wat iemand ken en gebruik.
Gebruik:
• 'n Woordeboek poog om die woordeskat van 'n taal te dokumenteer.
• Sy gesels alte lekker, al het sy nog nie 'n vreeslike groot woordeskat nie.
Sinoniem:
• taalskat
Afgelei:
• woordeskatlys
Vertaling:
Engels: vocabulary
Nederlands: woordenschat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|