Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wortel
wortel [boodskap #129505] Ma., 27 Januarie 2020 19:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24160
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Wortels
Wortels
wortel
Afbreking: wor•tel


Selfstandige naamwoord: wortel
Meervoud: wortels
Verkleinwoord: worteltjie
Meervoud van verkleining: worteltjies

Betekenis:
• (plantkunde) Die deel van 'n plant wat onder die grond groei.
• (groente) Die eetbare penwortel van die geelwortel, Daucus carota.
• (figuurlik) Die begin of oorsprong van iets.
• (taalkunde) 'n Woord sonder enige voor- of agtervoegsel.
• (wiskunde) Vierkantswortel.

Gebruik:
• Jy moet die onkruid met wortel en al uithaal om te keer dat dit teruggroei.
• Sy rasper wortels om 'n slaai te maak.
• Geld is die wortel van alle kwaad.
• Die wortel van die woord geëet is eet.
• Die wortel van honderd-vier-en-veertig is twaalf.

Spreekwoord:
• Met wortel en tak uitroei. [Iets heeltemal uitroei.]
• Die wortel van die kwaad. [Die oorsprong van die kwaad.]
• Die byl lê ook al teen die wortel van die boom. [Iemand se straf is naby.]
• Gierigheid is die wortel van alle kwaad. ['n Gierige persoon is in staat om enige kwaad te doen om sy doel te bereik.]

Hiponiem:
• boomwortel
• geelwortel
• haarwortel
• lugwortel
• penwortel
• sywortel
• witwortel

Afgelei:
• ontwortel
• wortelgroente
• wortelkoek
• wortelloos
• wortelsap
• wortelslaai
• wortelstok

Vertaling:
Engels: root; carrot
Nederlands: wortel


Werkwoord: wortel
Verlede tyd: het gewortel

Betekenis:
• Om wortel te skiet, of figuurlik, inslag vind of veranker.

Gebruik:
• Die plant het nog nie gewortel nie.

Afgelei:
• inwortel

Vertaling:
Engels: to take root
Nederlands: wortelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: erdwurm
Volgende onderwerp: woordorde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 23:09:06 UTC 2025