Betekenis:
• 'n Aansteker of sigaretaansteker, 'n apparaat om vuur te maak.
Gebruik:
• Die naam vonkviool kom vermoedelik van die ouer tipe aanstekers wat met lampolie of paraffien gevul was. Jy moes 'n stafie verskeie kere oor 'n strook op die aansteker "stryk" om 'n vonk te veroorsaak. Die vonk het dan die brandstofdeurdrenkte pit aan die brand gesteek.
Vertaling:
Engels: lighter
Nederlands: aansteker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.