| voetspoor [boodskap #129419] |
Vr., 24 Januarie 2020 16:05 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Voetspoor in die sand.
voetspoor
Afbreking: voet•spoor
Samestelling: voet + spoor
Selfstandige naamwoord: voetspoor
Meervoud: voetspore
Verkleinwoord: voetspoortjie
Meervoud van verkleining: voetspoortjies
Betekenis:
• 'n Spoor of reeks van spore wat 'n voet nalaat.
• (ekologie) Die oppervlak wat 'n bepaalde aktiwiteit in beslag neem.
Gebruik:
• Die jagter volg die bok se voetspore.
• Hoe diep is die voetspoor wat ons op die aarde agterlaat?
Sinoniem:
• voetafdruk
Hiponiem:
• koolstofvoetspoor
Vertaling:
Engels: foot-print, track
Nederlands: voetspoor
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|