| voetpad [boodskap #129413] |
Vr., 24 Januarie 2020 06:41 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Voetpad.
voetpad
Afbreking: voet•pad
Samestelling: voet + pad
Selfstandige naamwoord: voetpad
Meervoud: voetpaaie
Verkleinwoord: voetpaadjie
Meervoud van verkleining: voetpaadjies
Betekenis:
• 'n Pad waarop geloop word; weg vir voetgangers.
Gebruik:
• 'n Voetpad kan langs 'n gewone pad loop, deur beboude gebiede loop, deur die platteland loop, ensovoort.
Sinoniem:
• paadjie
• wandelpad
Vertaling:
Engels: footpath, sidewalk
Nederlands: voetpad
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|