Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitwerk
uitwerk [boodskap #129309] Sa., 18 Januarie 2020 08:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24175
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitwerk
Afbreking: uit•werk
Samestelling: uit + werk


Werkwoord: werk uit, uitwerk
Verlede tyd: het uitgewerk
Teenwoordige deelwoord: uitwerkend, uitwerkende
Verlede deelwoord: uitgewerkte

Betekenis:
• Uithaal; mee wegdoen; verdring.
• In besonderhede klaar maak; detailleer.
• 'n Som doen; waarde bepaal.

Gebruik:
• Hulle probeer die lui werker uitwerk.
• Die raad moet 'n plan uitwerk om die probleem die hoof te bied.
• Hy probeer uitwerk hoeveel die vakansie sal kos.

Vertaling:
Engels: to work out; to elaborate; to calculate
Nederlands: uitwerken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitvoer
Volgende onderwerp: uwe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 21:59:44 UTC 2025