Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitvind
uitvind [boodskap #129306] Sa., 18 Januarie 2020 07:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24175
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitvind
Afbreking: uit•vind
Samestelling: uit + vind


Werkwoord: vind uit, uitvind
Verlede tyd: het uitgevind

Betekenis:
• Iets uitdink of vir die eerste keer maak; bedink; ontdek.
• Seker maak van iets wat jy wil weet; te wete kom; vasstel; agterkom.

Gebruik:
• Samuel Crompton sou eers in 1779 sy beroemde spinmeul uitvind.
• Jy moet eers uitvind of jy welkom sal wees.

Afgelei:
• uitvinder
• uitvinding
• uitvindsel

Vertaling:
Engels: to invent, discover; to find out, ascertain
Nederlands: uitvinden

Nota:
• 'n Mens vind iets uit (soos die telefoon) want nog nie vantevore bestaan het nie, maar ontdek iets (soos 'n land) wat nie vantevore aan ander bekend was nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: likkewaan
Volgende onderwerp: uitvinding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 15:10:50 UTC 2025