| uitveër [boodskap #129304] |
Sa., 18 Januarie 2020 06:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Potlode en 'n uitveërs.
uitveër
Afbreking: uit•ve•ër
Uitspraak: /ˈœʏ̯tfiːjər/
Selfstandige naamwoord: uitveër
Meervoud: uitveërs
Verkleinwoord: uitveërtjie
Meervoud van verkleining: uitveërtjies
Betekenis:
• 'n Stukkie gomlastiek waarmee potloodmerke uitgevee word as mens iets verkeerd skryf of teken.
Gebruik:
• Kan ek jou uitveër leen?
Sinoniem:
• uitwisser
Verwant:
• bordwisser
Vertaling:
Engels: eraser, rubber
Nederlands: gum
Venda: raba
Zoeloe: irabha
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|