Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sweet
sweet [boodskap #129201] So., 12 Januarie 2020 10:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26402
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
sweet
Afbreking: sweet
Uitspraak: /svɪə̯t/


Werkwoord: sweet
Verlede tyd: het gesweet
Teenwoordige deelwoord: swetend, swetende
Verlede deelwoord: geswete

Betekenis:
• Om vloeistof op die vel te vorm; vog vanuit die sweetkliere uitskei.
• (figuurlik) Om baie hard te werk of iets gevaarliks te doen.

Gebruik:
• 'n Hond sweet deur sy pote, en nie deur sy vel soos by mense nie.
• Ons het gesweet om alles betyds klaar te kry.

Spreekwoord:
• Hy sweet bloed. [Baie swaar kry.]
• Swoeg en sweet om klaar te kry. [Hard werk om klaar te kry.]

Afgelei:
• deursweet
• doodsweet
• sweting
• uitsweet

Vertaling:
Engels: to sweat, perspire
Nederlands: zweten


Selfstandige naamwoord: sweet
Meervoud:

Betekenis:
• Vloeistof op die vel as 'n mens hard oefen of warm kry; transpirasie; transpirasievog.

Gebruik:
• Die sweet het op haar voorhoof uitgeslaan.

Afgelei:
• sweetafskeiding
• sweetbad
• sweetband
• sweetdoek
• sweetdrywend
• sweetgaatjie
• sweethande
• sweetkamer
• sweetklier
• sweetkoors
• sweetkuur
• sweetlappie
• sweetlug
• sweetmiddel
• sweetporie
• sweetsiekte
• sweetvlek
• sweetvoete

Vertaling:
Engels: sweat, perspiration
Nederlands: zweet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swanger
Volgende onderwerp: swem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Sep. 08 13:58:00 UTC 2026