| swaai [boodskap #129198] |
So., 12 Januarie 2020 09:28 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24217 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Dogtertjie op 'n swaai.
swaai
Afbreking: swaai
Selfstandige naamwoord: swaai
Meervoud: swaaie
Verkleinwoord: swaaitjie
Meervoud van verkleining: swaaitjies
Betekenis:
• 'n Sitplek wat hang en waarop 'n mens heen en weer beweeg of gestoot word.
• Die beweging as iets heen en weer beweeg.
Gebruik:
• Sy hou daarvan om op die swaai te ry.
• Met 'n swaai van die hand wys hy dat ons moet loop.
Afgelei:
• swaaiarm
• swaaibal
• swaaibrug
• swaaideur
• swaaihaak
• swaaihou
• swaaislag
• swaaiverhoog
Vertaling:
Engels: swing, turn
Nederlands: zwaai
Werkwoord: swaai
Verlede tyd: het geswaai
Teenwoordige deelwoord: swaaiend, swaaiende
Verlede deelwoord: geswaaide
Betekenis:
• Om heen en weer te beweeg.
• Om skielik in 'n rigting te beweeg.
Gebruik:
• Die drenkeling swaai sy arms vir die reddingsboot. Die bokser swaai sy vuiste in die lug.
• Die kar swaai onverwags voor die fiets in.
Spreekwoord:
• Hy swaai die staf. [Hy heers.]
• Hy swaai die septer. [Hy is baas.]
• Bek lek en stert swaai. [Kruiperige, vleiende houding.]
Afgelei:
• omswaai
• swaaier
• swaaiing
Vertaling:
Engels: to swing, wave, fling
Nederlands: zwaaien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|